Arme Sientjie

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"O goeiste!" het Barbare uitgeroep in die grootste nood. "Wat sou arme Sientjie m akeer?" Ek moet dadelik die dokter laat kom"

Sy het Sientjie toe op 'n mooi wit bedjie neergelê, aan die skakelaar van die elektriese lig gewerskaf en gespeel dat dit die telefoon was.

"Hallo! Is dit u, dr Pille?"

"Ja mevrou," het 'n stem van die anderkant af gekom. "Dit is dr Pille hier. Wat kan ek vir mevrou doen?"

"Ag dokter, dis die arme Sientjie wat siek is. Sal u asseblief dadelik kom?"

"Ek sal dadelik kom," het die stem daar in die gang gesê. "My motor staan gelukkig reg by die hekkie, dus sal ek binne  'n paar minute daar wees."

Barbara is toe weer terug na Sientjie en sy het hard probeer om 'n paar trane te stort. Skielik is daar aan die deur geklop."O is dit u, dr Pille? Ek is so bly dat u gekom  het."

Dr Pille het Pappie se pluishoed opgehad en met sy handsak in sy hand het hy die bed genader. Hy het baie ernstig gelyk.

"Laat ek haar pols voel," het hy gesê en Sientjie se hand geneem.

"Dis baie vinnig, baie vinnig," het hy gemompel.

"Arne Sientjie," het Barbara gesê.

"Laat ek nou haar tong sien," het dr Pille gesê.

"Ek is bevrees sy is te siek om haar mond oop te maak," het Barbara gesê. "Ag dokter, wat makeer sy?"

"Sy is baie ernstig siek," het dr Pille gesê, "baie ernstig."

"O wat sal ek tog doen, wat sal ek doen?" het Barbara uitgeroep.

"Doen?" het dr Pille gesê. "Daar is net een ding om te doen. Jy moet die kind beter behandel. Jy het haar heeltemal verkeerd gevoed. Sy ly aan slegte spysvertering en sy sal moontlik sterf."

"Sterf, o liewe land! Hoe vreeslik!" het Barbara gekerm. "Wat moet ek haar voer om haar weer gesond en sterk te maak?"

"Wel, laat ek sien. Hierdie kind het te veel lekkers geëet. Sy h et heeldag lekkers geëeet en dit het haar maag heeltemal bederf. Jy moet haar glad nie meer lekkers gee nie - miskien 'n paar met etenstye."

"Maar sy sal baie huil!" het Barbara gesê.

"Dit maak nie saak nie," h et dr Pille gesê, "dis beter om te huil as om dood te gaan. Kinders moenie tussen maaltye eet nie. Dit is baie sleg vir hulle. En laat ek sien, eet sy baie groente?"

"O nee dokter, sy haat groente. As ek groente op die tafel bring, dan moet u net hoor hoe kla sy."

"Dit maak ook nie saak nie, dis beter om te kla as om siek te wees. Sy moet elke dag groente eet - slaai, kool, blomkool, rape, pampoen en sulke dinge."

"Maar moet sy al die groen te elke dag kry dokter?"

"O liewe land nee!, maar sy moet sommige daarvan elke dag kry. En - laat ek sien - kry die kind genoeg vrugte?"

"Sy hou van piesangs en pere, maar dis so duur dat ek haar nie veel kan gee nie."

"Sy moet baie vrugte kry. Moet haar nie meer soetgeregte gee nie en gee haar in die plek daarvan appels en lemoene."

"Ek het eenkeer gehoor dat ' n appel elke dag die dokter sal weghou, dis nie waar nie, is dit dokter?"

"Dit is waar, jy sal my nooit weer hoef te laat roep as jy dit doen nie - tensy sy natuurlik masels of waterpokkies kry."

"Baie dankie, dr Pille. Hoeveel skuld ek u?"

"Jy skuld my twaalf sjielings en 'n sikspens," het dr Pille gesê.

"Dis darem baie, is dit nie?" het Barbara gesê toe sy betaal met twee groot knope en vyf klein knopies.

"Dis wat ek gewoonlik vra - dankie. Ek hoop dat jou dogtertjie gou beter sal wees. En sorg dat jy my instruksies volg."

(Mamma staan en luister hoe haar twee kinders dokter-dokter speel. Sy glimlag, want wat dr Pille sê, is wat sy as Ma altyd vir hulle sê.)