Apartheid

Oorwinning "ná al die eeuepyn"

Op 26 Mei 1948 het D.F. Malan se Nasionale Party, in bondgenootskap met N.C. Havenga se Afrikanerparty, onverwags die verkiesing gewen. Die koallisie se meerderheid was 'n skrale vyf en net 40% van die totale aantal kiesers het daarvoor gestem. Onmiddellik ná die verkiesing het Malan gesê: "Vandag behoort Suid-Afrika weer aan ons. Suid-Afrika is ons eie vir die eerste keer sedert die Unie van Suid-Afrika. Mag God gee dat dit altyd ons eie bly." Dirk Opperman se epiese gedig Joernaal van Jorik, wat in 1949 verskyn het, het die oorwinning só gedenk:

Hoe onverwags ná al die eeue pyn / het die oorwinning toe vir ons gekom! / Dit was die more vroeg of 'n woestyn / uitbreek met plakkies en met vygieblom.

En tog, geen bom of bloed het ooit geval, / Maar die verdruktes het met staal en stoom / in nederige werk, in elk geval / Met staal en stoom 'n Republiek gedroom.

Ná die 1943-verkiesing het die indruk ontstaan dat die regeringskoalisie van Engelssprekendes, wat amper as 'n blok vir die VP gestem het en ongeveer 'n kwart van die Afrikanergemeenskap nie maklik uit die kussings gelig sou word nie. Vir die eerste keer sedeert Unie is daar net Engels in die kabinet en in die regerende party se koukus gepraat. Baie Afrikaners het geviktimiseer gevoel deur die wyse waarop die regering sommige van die oorlogsmaatreëls toegepas het. Daar was wydverspreide gerugte dat talle Afrikaners gedurende die oorlog bevordering in die staatsdiens geweier is omdat 'n informant h ul naam onregverdig swartgesmeer het. Afrikanernasionaliste het in die laaste jare van die VP-regering gevrees dat 'n golf van Britse immigrante dit vir die NP onmoontlik sou maak om

Paul Joubert