Die Begrafnisbrief
Jou oë was smaraggroen
Jou hare altyd blink en skoon
Jou vel koperbruin
en jou lag klokhelder,
Ek was so gelukkig
elke dag 'n seën,
veilig in my man se arms,
die huis was huis as jy tuis was.
Twee en 'n half jaar terug
het jy siek geword,
dit was terminaal.
Ek het so hard probeer
veg vir jou,
maar jy het net oorgegee.
Maak nie saak hoe hard
ek probeer het om lewe
in jou te blaas nie,
binne in jou, het jy net
stukkie vir stukkie gesterf.
Vroeg in Julie blaas jy jou laaste asem uit.
Dis pynloos vir jou,
en my hart is stukkend!!!
PS (Jammer ek het jou lewend verloor, jy is net vir my dood!)
© Hanri "Bosveldnooi" Meyer