DIE AFRIKAANSE TAAL
O Moedertaal ek het jou lief,
Hoe pragtig klink jy in my oor.
Van alle tale uitgeskif - Dis Afrikaans wat ek wil hoor!
My Ma het met jou lieflik klank
My in my kinderdae gestreel.
Die wiegeliedjies bly solank
Ek weet hoe sagkens sy’t gekweel.
O Moedertaal wat my verbind
Met maat en vriend en kameraad,
Met speel en leer, met vrou en kind:
Jy spin my hele lewensdraad.
Jou kragtig klank: Hy roep terug
Weerkaatsings van die ossewa
Wat knars sy pad deur land en lug
Van die berge van ons volkssaga.
O Moedertaal ek het jou lief,
Hoe pragtig klink jy inderdaad.
Van alle tale uitgeskif -
Dis Afrikaans wat ek wil praat!
„My Ma het met jou lieflik klank
My in my kinderdae gestreel.”
© Pieter Cohen Hamburg