Treebags Donkerhoek
Stoffies 082 653 5965
Verskaffer Plant Sakke ♣ VERSKAFFER PLANT SAKKE ♣ AGRILIBRIUM PRODUKTE ♣ GROEIMEDIUMS ♣ BROODBOOM SAKKE TE KOOP ♣ KRUIE SAKKE VERSKAFFER ♣ PEKANNEUT SAKKE VERSKAFFER ♣ CANNABIS SAKKIES ♣ BLOUBESSIES SAKKIES VERSPREIDER ♣ LANDSKAPPER HULPMIDDELS ♣ PRYSLYS TREEBAGS PRODUKTE ♣ TREEBAGS GPS KOORDINATE ♣ PLANTSAK GROOTTES ♣ TREEBAGS ♣ PALLET COVER SAK


Wat maak ons produk uniek?
ONS PRODUKTE EN DIENSTE

KONTAK ONS


Laai 'n volledige pryslys van Treebags produkte vir 2020 hier af: https://kso.page.link/wps
Pekanneut Sakke (goeie kwaliteit) kan ook bestel word vanaf Treebags. Volgens Hardus du Toit, senior tegniese beampte by SAPPA (die pekanneut-kwekersvereniging). 'n Pekanneut boom kan aanhou om neute te lewer vir 180 jaar. Met so 'n lang produktiewe lewe in die voortuitsig verdien die boom die beste moontlike wegspring. Met Treebags as jou Pekanneut sakke verskaffer, word dit gewaarborg. Pekanbome word baie oud en groot en het 'n sterk struktuur nodig om die gewig van 'n groot oes te hanteer. Nog 'n rede om met 'n sak van Treebags te begin.

ONS GETUIENIS...
AGRILIBRIUM PRODUKTE
ONS IS GROND
AGRILIBRIUM: PIONIERS IN DIE LANDBOU
1. Eerste, alreeds 19 jaar gelede, met die insluiting van salisiesuur in ons BioKelp formulasie om fito-aleksien aktiwiteit en dus pes en plaag verdraagsaamheid in gewasse te bevorder.
2. Maatskappy het tot stand gekom met die eerste en unieke boom geëkstraheerde fulviensuur met die uieke eienskappe van oppervlakspanning breker / benatter en her-benatter.
3. Eerste om kobalt en nikkel in ons produkte in te sluit nadat ons die belangrikheid daarvan gesien het wat betref stikstofmetabolisme en die invloed daarvan op mikrobe werking, spesifiek rhizobium en ook ander vrylewende stikstofbindende bakterieë.
4. Eerste in die aanwending van gesproeiddroogde fulviensuur in kombinasie met mikro elemente om grond tekorte doeltreffend aan te vul sonder dat die 2+ katione dan met fosfaat reageer en onbeskikbaar word vir gewasbenutting.
5. Eerste om 'n enkel vloeibare produk met al die nodige voordelige mikro organismes te formuleer en fulviensuur as voedingsbron vir organismes te gebruik.
6. Eerste met die term "Balans Boerdery", "EquiLibrium Farming" en Herstel die natuur se balans" "Restoring Nature's Balance" - vanwaar die naam AgriLibrium ook ontstaan het.
7. Eerste in die gebruik van die 1:2 waterekstrak in SA om die plant beskikbare en opneembare konsentraise van elemente in die grond te bepaal asook om norme te bepaal sodat bemestingsaanbevelings op grond van hierdie ontledings resultate gemaak word.
8. Met bogenoemde is ons eerste om 'n ontleding te hê wat werklik gebruik kan word om sinvolle P aanbevelings te maak wat opneembaar en biologies aktief is en nie met Ca of Mg of die 2+ mikro-elemente bind en onoplosbaar en biologies onaktief is nie.
9. Eerste om katione en katioon beskikbaarheid vir plant opname in die grond en ook terselfdertyd beweegbaarheid of mobiliteit binne-in die plant te bestuur deur fulviensuur te gebruik as cheleer-/komplekseermiddel.
10. Eerste om 'n hoë konsentrasie ten volle opgeloste vloeibare Swaelproduk te ontwikkel wat nog steeds enig in sy soort in SA is.
11. Eerste kampvegters om boere pertinent in te lig om op te hou om oksiedes soos Zn oksied te gebruik wat biologies uiters onaktief is, alhoewel die Wet dit nog steeds toelaat.
12. Eerste wat daarop aandring dat S ontledings altyd gedoen met word om dus sinvolle gebalanseerde bemestingsaanbevelings te kan doen.
Agrilibriumprodukte is gebalanseerd en volhoubare organiese kwaliteit. Dis omvattende biologiese en biodinamiese beginsels by die toepassing daarvan. Dit bevat gebalanseerde organiese en chemiese plantvoeding, noodsaaklik vir grondvoorbereiding voor planting, wat goeie oeste en beter gehalte van produkte verseker. Toediening van dié produkte dra by tot stimulerende blaargroei en die anti-oksidant bio-chemise verbindings is ook 'n beskermingsmeganisme. Saam met die beheerde waterdruptoeding verseker dat die blaar die regte voeding kry om gesonde groei te verseker. Vir die beste reslutate, kry die regte ontleding van u grond om die korrekte agrilibriumproduk in te span. Herwin en vestig weer gesonde voedingswaarde in u grond - u oeste sal baie gou die verskil beleef en aandui.
GROEIMEDIUM - Wat kom eerste in die gedagte op?, veen, coir, gruis, sand, boombas, hout skaafsels, makadamia doppe, vulkaniese rots, en wat van moeder aarde. Groeimedium in vandag se terme is bloot ’n steriele medium wat die wortels van die plant huisves, gewoonlik in ’n plant-sak of pot.
Elke plant tipe het ’n besliste voorkeur waar dit wil groei, hetsy in ryk grond, woestynsand, teen rotswande, riviere en damme selfs in die pool streke van die wêreld. Die groeimedium moet in staat wees om, voeding konstant teen voldoende hoeveelhede, na die groei en produksie vermoë van die plant te voorsien. Wat die hedendaagse groei-mediums aanbetref is die drie mees belangrike vereistes waaraan die produk moet voldoen die volgende, voghouvermoë, beskikbaarheid van voeding en die pH of suurte-graad van die medium.
Wat koste van die medium aanbetref, speel koste in die hergebruik van die medium ’n belangrike rol in die ekonomie daarvan. Vir die ontleding van groei-mediums of grond, is dit belangrik om gebruik te maak van ’n internasionaal geakrediteerde laboratorium. In die opsig kan AGRILIBRIUM van hulp wees, asook met die opstel van voedingsprogramme en die voorsiening van ’n verskeidenheid gespesialiseerde plantvoeding produkte om aan elke behoefte van die plant te voorsien.
Die foto wys ’n swak saamgestelde groeimedium wat nie ontleed is nie. Let op die wit sout opbou, verdigting wat swak dreinering veroorsaak, swak wortelontwikkeling en tekort simptome in die plant se blare.