201.
Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry.
Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.
Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê: "Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet."
Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee nóg 'n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régtevoete aan te trek, steeds met een helske gesukkel.
Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie."
Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm: "Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?"
Die gestoei begin weer om die vellies uit tetrek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."
Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.
Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: "Juffrou,wat van my kouthe?"
Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!"
Die knapie antwoord: "Dith voor in my vellieth!"
202.
Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir ‘n plaasvervanger. Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat ‘n haantjie te koop aanbied. “Hierdie haantjie is soos Outsurance, hy dek alles” beduie Gatiep en die boer koop hom toe. Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in ‘n oogwink draf hy al die henne deur. Toe die boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene en die boer is sommer baie in sy noppies met die kopie. Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer en deel hom mee dat die haantjie dood lê in die veld. Hy wys na waar die aasvoëls dan ook reeds al draai. Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met die haantjie gebeur het. Toe hulle naby kom, lig die haantjie sy kop op en fluister “Ek’s okay. Ek wag net vir daardie aasvoëls om te land.”
203.
Tannie Bets spring in die ouetehuis se eetsaal op met haar gebalde vuis in die lug en skree: "Die man wat kan raai wat ek in my hand vashou, kan vanaand met my seks hê!"
Oom Piet skree: "n Olifant." Tannie Bets sê : "Dis naby genoeg! "
204.
Rhudolph Straueli is genooi na Aspoestertjie se bal. Hy gaan glo as ´n pampoen. Wanneer die klok middernag slaan, hoop hy om in ´n "coach" te verander.
205.
Ek het my pa (76) onlangs na ‘n winkelsentrum geneem om vir hom skoene te koop. Ons besluit toe om iets te eet in ‘n restaurant.
Ek kom toe agter dat hy staar na tiener wat langs hom sit. Die tiener het hoenderkam hare gehad in verskillende kleure – groen, rooi, oranje, en blou.
Na ‘n tyd het die tiener agtergekom hy staar so na haar.
Toe die tiener ongemaklik raak, vra sy sarkasties: “Wat is verkeerd oupa, het jy nog nooit iets wild in jou lewe gedoen nie?” Omdat ek my pa ken, sluk ek dadelik my kos sodat ek nie sal stik as hy antwoord nie, want ek het geweet dit sal ‘n goeie een wees.
In sy tipiese styl antwoord toe hy sonder om ‘n oog te knip….“Ek het een keer dronk geword en seks met n pappegaai gehad. Nou het ek net gewonder of jy nie dalk my dogter is nie!”
206.
"Nee," sê hy "die antie is nie meer so in haar skik met ons seks lewe nie .. sy sê ek's useless!"
Buurman: "Ai, dalk kan ek help!" "Hoe doen oom die ding deesdae," as ek mag vra?" sê die Spietkop.
"Nee, ek klim op en jaag maar," sê die oom. "Maar als vir niks jong!"
"Nee," sê hy. "Oom moet nie jaag nie. Vat hom stadig gee 'n soentjie in die nekkie, en doen die job stadig... gooi een hou stadig links en een hou stadig regs en so gaan oom aan," sê hy!
Die oom dink ok hy sal dit maar probeer die aand en hy begin met n soentjie in die nekkie ..gooi een hou stadig links gooi een hou stadig regs ..
Toe haak sy vrou af en sê: "Faan???, hoekom spyker jy nou soos 'n Spietkop vanaand?"
Oupa sien die lot en vra: "En toe Jannie, as jou vinger nou so styf staan?"
"Nee, Oupa," sê hy, "ons was in die chemieklas en die konkoksie wat ons gemeng het, het op my vinger gekom. Nou sal dit 24 uur neem om uit my sisteem te kom.
"Jannie dink jy jy sal dit weer kan doen, ek meen om die konkoksie te meng?"
"Ja, sekerlik Oupa, hoekom?"
"Nou Janne-man, bring vir my 'n bietjie daarvan en ek gee jou R20-00."
Volgende dag kom Jannie weer van die skool af met sy konkoksie en gee vir Oupa.
Die volgende môre sê Oupa: "Hier Jannie, soos ek belowe het."
Jannie maak die koevert oop ... maar daar is R40-00 in.
"Nee, Oupa, hier is 'n fout. Hier is meer as R20-00!"
"Nee wat Jannie, dit is reg. Ouma het ook so 'n ou bydraetjie gemaak."
So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar 'n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog 'n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie.
"Jy kyk vir my," sê hy.
"Ja," sê sy, "ek kyk vir jou."
"Nou maar hoekom kyk jy vi my?" vra hy.
"Ek dink" sê sy. "Nou maar wat dink jy so innie laatnag?" vra hy. "Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom gee."
... dis seker van die méés tragiese nuus wat mens kan kry...
... na maande se ondersoeke... en eindelose monstertoetse... het my vrou se resultate terug gekom...
... eks verpletter...
... dit blyk dat sy allergies is vir óns honde...
... dit skeur my hart...
Vriende... familie... kennise... enige iemand met 'n goeie hart wat hulle huise kan oopstel...
Asseblief... sy is baie goed met kinders... het maar eers onlangs 40 geword en verdien 'n goeie salaris... en leer maklik...
207.
Die ou oom sit kop onderste bo op die stoep en sy Spietkop buurman sê: "Môre oom wats fout ?"
208.
Die onderwyser lyk kwaad toe hy vra: "Jannie, se nou dadelik vir my, was dit jy wat gister in my appelboom geklim het om appels te steel?"
Jannie: "Meneer ek kan nie lekker hoor hier in die agterste ry nie."
Die onnie antwoord sarkasties: "Nou maar goed. Laat ons 'n bietjie sien. Kom sit hier voor op my stoel, Dan sal ek op jou plek in die agterste ry kom sit en dan kan jy vir my iets vra."
Hulle ruil plekke en Jannie doen wat die onnie gese het.
Jannie: "Meneer, wie het gisteraand by my ma geslaap terwyl my pa nagskof gewerk het?"
Onnie: "My jinne, ou Jannie jy is reg. Hier agter kan 'n mens glad niks hoor nie...
209.
Jannie kom van die skool af en sy vinger kan nie buig nie.
210.
Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies , maar die ongedurigheid broei in hulle. In die nag word die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na 'n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
211.
Trieng-Trieng...!!
Boer: "Ja, Sipho, wat gaan aan?"
Sipho: "Baas, die vark hy het by die pad gespreng toe ek ry hom raak. Nou die vark se kop sit vas by die grill en hy raas baie."
Boer: "Sipho, vat die 303 agter die sitplek en skiet hom dood, gooi hom agter op die bakkie, en bring hom saam plaas toe, ons sal dit hier uitsort. Kyk net eers of die radiator nie seergekry het nie. As daar probleme is, bel my weer en dan kom haal ek jou."
Sipho: "Okei, my Baas!"
So 10 minute later bel Sipho weer.
Boer: "Is die bakkie stukkend Sipho?"
Sipho: "Nee my baas, die bakkie is okei."
Boer: "Nou wat is die probleem Sipho?"
Sipho: "Ek wil net weet my baas, wat moet ek met die vark se motorbike en bloulig maak?"
212.
Gister toe stop die Polisie daar op my plaas. "I am here to check if you are growing any illegal drugs". Ek sê: "OK, als reg, moet net nie in daai veld daar gaan nie. Hy sê toe vir my: "I am an officer of the law and with this badge, I can go anywhere on your property I feel like! Do you understand?!!" terwyl hy sy polisie badge onder my neus rond waai.
Ek vra toe omverskoning en gaan toe maar aan met my ander take. Seker so 3 minute later hoor ek toe die man gil vir hulp en ek kyk toe op en sien hom hardloop voluit met my ou, befoeterde bul sterk op sy hakke. Ek gooi toe al my gereedskap neer hardloop na die draad toe en skreeu so hard soos wat ek kan: "JOU BADGE! WYS HOM JOU POLISIE BADGE!".
213.
'My Ma is so paniekerig!' kla die tiener. 'Eén hoesie en ek het volgens haar brongitis. 'n Bietjie hoofpyn en sy weet vir seker dat dit 'n breingewas is. Eén leuentjie en sy dink dat ek tot die politiek wil toetree.'
214.
Ingenieur was lank sonder werk. Hy besluit toe om ’n mediese kliniek te open. Buite sit hy ’n kennisgewing: “Kry jou behandeling vir R500! As jy nie gesond word nie, kry jy R1 000 terug.”
’n Plaaslike dokter dink toe dié is ’n kwaai kans om geld te maak en gaan vir “behandeling”.
Dok: “Ek het die smaak in my mond verloor.”
Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.”
Dok: “Dit is petrol!”
Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou smaak teruggekry. Dit sal R500 wees.”
Die dokter is vies, maar ná ’n paar dae probeer hy om sy geld terug te kry.
Dok: “Ek het my geheue verloor. Ek kan niks onthou nie.”
Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief die medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.”
Dok: “Maar dit was petrol!”
Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou geheue teruggekry! Dit sal R500 wees.”
Die dokter is woedend, maar kom ná ’n paar dae terug en sê: “My sig het verswak.”
Ingenieur: “Wel, ek het geen medisyne daarvoor nie. Vat dié R1 000.”
Dok: “Maar daai is R500 . . .”
Ingenieur: “Baie geluk! Jy’t jou sig teruggekry! Dit sal R500 wees!
215.
‘n Bloubul ondersteuner, ‘n WP ondersteuner en ‘n Chinees sit in die kraamsaal en wag vir goeie nuus. Na ‘n paar uur kom die dokter uit en sê: “Geluk menere, al 3 is gesond gebore maar ongelukkig weens die druk in die kraamsaal is die babatjies deurmekaar gemaak, en sal julle asseblief kom en julle kinders kom uitken."
Die WP ondersteuner storm die babakamer binne en gryp onmiddelik die Chinees.
Die dokter sê “Meneer, dit is tog duidelik dat daardie nie jou kind kan wees nie.”
“Ek weet, ek weet maar, ek wil net doodseker maak ek vat nie ‘n bloubulletjie huis toe nie.”
216.
'n Groot sterk man loop in ‘n Wes-Kaapse Spar in en by die groente afdeling sê hy vir die groente assistent: “Ek wil ‘n halwe slaaikop koop.”
“Jammer meneer hier is nie halwe slaai koppe te koop nie.”
Die man gryp ‘n slaai kop en skeur dit in die helfte en loop daarmee na die betaalpunt. Daar gekom weet die Spar dame nie hoe om dit te verkoop en sê sy sal eers met die bestuurder moet praat. Sy loop na die bestuurder toe en sê: “Hier is een of ander groot dom drol wat ‘n halwe slaaikop wil koop…” en sy sien op daai oomblik die man het agter haar aangeloop en alles gehoor wat sy sopas gesê het. Sy dink vinnig en voeg by “…en hierdie vriendelike sterk meneer het aangebied om die ander helfte te koop.”
‘n Paar dae later roep die bestuurder haar nader en sê: “Ek hou van iemand wat op sy of haar voete kan dink. Ek wil jou Gauteng toe stuur vir opleiding as ‘n bestuurder.
”
“Gauteng toe? Net hoere en Blou Bulle kom van Gauteng af.”
Winkelbestuurder: “Jy weet seker nie maar my pragtige vrou kom van Gauteng af.”
“Wel meneer, watter posisie het jou vrou gespeel?”
217.
Iewers in die laat 1800's... of só lui die legende... kom ene Edward Longshanks met 4,000 Britse troepe Suid-Afrika toe om die Boere op te f…
... by die slagveld gekom sien hy doer in die verte op ‘n koppie staan ‘n figuur met blonde hare, kortbroek aan met ‘n kam in sy kous.
“Rooinek!” skree die Boer op die koppie. “Kom hier jou Engelse moer! I will gives you one helluva gatskop!”
Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: “Take 20 men and deal with that Boer upstart!”
Die bevelvoerder stuur 20 man om die Boer te gaan soek.
Tien minute later staan die Boer weer op die koppie. “You! English donner! Stuur the rest of your Rooinekke. I will donner them almal op!”
Edward raak nou ietwat geïrriteerd en sê vir die bevelvoerder: “Take 100 men and kill that little guttersnipe!”
Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.
‘n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig weer op die randjie en skree: “Hey, you ROOINEK! I is just warming up!
Toe verloor Edward kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te maak.
Tien minute later staan die Boer maar weer daar.
Sy klere is geskeur en sy hare staan wild.
Dis net snot, bloed en Castle.
Weer skree hy: “Is dat de best ye can do? You bloody vrot pommies!
Come on, come and have a go julle souties! Kom klap me stukkend!”
Rooi in die gesig sê Edward vir die bevelvoerder: Take the rest of the men and don’t come back untill you have killed him!”
Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en vol bloed oor die randjie gestorm: “Your majesty!” skree hy, “It’s a trap! It's a trap!! There’s two of them!
218.
Ons land se probleme het daardie dag begin by Furniture City...toe Mev. Gupta aan Meneer Gupta sê: "Skat, ons moet 'n kabinet koop..."
219.
... stap ek vanaand perongeluk by 'n geloofsgeneesheer se diens in, en voor ek my kon kry is ek voor in die lyn...
... hy gryp my vas en vra wat is fout?...
... ek begin verduidelik dat my gehoor...
... en daar klap hy sy hande oor my ore en ruk my kop rond... en hy probeer my agteroor druk...
... ek kan dit nie verduidelik nie... maar skielik flits my laerskool judolesse deur my gedagtes...
... die volgende oomblik toe sit hy op sy gat... geskok... en vra my: "kan jy nou hoor???"...
... ek kon nog altyd hoor... ek wou sê... my gehoor lag nie meer vir my grappies nie... wat kan ek doen???...
220.
Die vrou bel haar skoonma en vra: "As die kind in sy broek gepoef het, wie moet dit skoonmaak? Die ma of die pa?"
Skoonma: "Dis gewoonlik maar die ma, jong!!"
Skoondogter: "Dan moet ma asseblief oorkom. Ma se seun het te veel gesuip, en sy broek beskyt!!"
221.
Hi Jammer om te pla, ek het n vriend wat my nou net gebel het, hy sê hy het n rukkie terug al kaartjies gekoop vir die naweek se Bulle teen die Lions game op Loftus, maar hy het skoon vergeet dis saterdag sy troudag!!!! Nou wil hy weet of enigiemand dalk belangstel om in sy plek te gaan trou?
222.
2016 se Comrades is 'n spesiale mylpaal in my lewe... Dit sal die 20ste Comrades in 'n ry wees wat ek nie hardloop nie!!!
242.
Die 17-jarige tiener-dogter vertel haar ma al huilende dat sy swanger is. Histeries vereis die ma dat die meisie sê wie die pa is. Sy maak al bewend 'n telefoon-oproep.
Twintig minute later trek ’n Ferrari by die erf in. ’n Ouer man in ’n Armani- pak klim uit. Hy soengroet die kind, vat haar hand en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.
“Dag Oom, dag Tannie,” sê hy. “Jul dogter het my van die probleem vertel. Ek sal tot die punt kom. Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie, maar ek kan dit regstel. Ek sal alle uitgawes betaal en vir jul dogter sorg vir die res van haar lewe. As dit ’n dogter is, kry sy twee ondernemings, ’n dorpshuis, ’n Villa by die see en ’n R2 miljoen-bankrekening. As dit ’n seun is, kry hy ’n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank. Vir ’n tweeling gee ek elkeen ’n fabriek en R2 miljoen."
Hy gaan voort. “Daar is net een probleem: Wat dink julle moet ek doen as daar ’n miskraam is?”
Op dié punt breek die pa die stilte: “Dan probeer julle maar wéér, boetie!"
245.
Mike: "Persoonlik dink ek die Blou Bulle het net één probleem. Maklik om uit te sort!"
Kallie: "Waaragtig Mike, so maklik soos dit né?. En wat dink jy is die oplossing?"
Mike: "Twee nuwe slotte!"
Kallie: "Waaragtig Mike? Net twee nuwe slotte?"
Mike: "Yes Kallie. Een slot vir die voorhek. En een slot vir die agterste hek."
246.
'n Ou Oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n pragtige, jong volborstige vrou sit en probeer borsvoed. Haar baba weier egter om te drink. Sy dreig hom: "As jy nie drink nie, gaan ek my boobie vir die oom gee." So gaan dit aan en aan. Elke keer weier die baba en weer dreig sy. Tot die oom later sy gat wip en sê: "Daai baba moet NOU sy mind opmaak, ek moes al 4 stasies terug afgeklim het."
247.
Man baie opgewonde aan sy vrou: "Lief, lief!! die Olimpiese kondome wat ek bestel het lê by die Poskantoor. Ek gaan dit gaan haal. En om dit te vier, gebruik ek vanaand die Goue ene!"
Vrou: "Hoekom gebruik jy eerder nie die silwer een nie, dan kom jy vir 'n slag tweede?"
248.
Ou oom Jors se vrou is al jare en jare oorlede, en hy bereik 'n stadium waar hy ’n vrou se aanraking verlang.
Die tannies in die ouetehuis is egter nie te vinde vir sy toenadering nie. Op ’n dag besluit hy, al wat nou oorbly is om ’n prostituut te besoek.
Oom Jors vind toe ’n 'gesellinklub' en daar gekom, is hy kamer toe met die eerste mooi meisie wat hy sien. In die kamer trek oom Jors hom onmiddelik poedelnakendkaal uit en gooi sy klere deur die venster.
“Wat maak oom nou!?!?” wil die meisie verbaas weet.
“Meisiekind", sê oom Jors vasberade. “As ek met jou klaar is, gaan daai klere al lankal uit die mode wees.”
249.
In 'n persverklaring wat sopas die die Suid-Afrikaanse Krieket Unie uitgereik is, het Mnr. Chris Zenzani, die President van CSA verklaar dat Jacob Zuma, voortaan AB de Villiers op no.3 as kolwer gaan vervang!
In antwoord op hoekom hulle so 'n skuif goedkeur, het Mnr. Zenzani geantwoord: "Want jy kry hom nie 'n fok uit nie!!!"
250.
"Boeta, toe jy vyf jaar oud was, toe val jy in die dam en Boela het jou gered. So Boela bly. Dan, daai buite-toilet is waar ek elke oggend gaan sit en na die boerdery kyk en planne maak, en dit is wat jou op die universiteit hou. So die buite-toilet bly. En laastens. Daai foto van waar pa sit en ma staan is op ons honeymoon geneem. Pa kon nie meer staan nie en ma kon nie meer sit nie en dis waar jy vandaan kom!" PUNT.
251.
President Jacob Zuma gaan sit langs 'n klein dogtertjie op die vliegtuig en se vir haar: "Ek hoor as jy 'n geselsie met jou mede passasier aankoop, gaan die vlug vinniger." Waarop die klein dogtertjie oombliklik haar boek toemaak en vir Zuma sê: "Ok, waaroor wil jy gesels?"
Zuma sê toe: "Wat van Werkskepping vir 7 miljoen mense?" Die kleindogtertjie sê: "Nou maar goed, maar antwoord eers die volgende: "'n Bees, bok en perd eet almal gras,
maar tog is 'n bees se stront slap, 'n bok s'n klein ronde bolletjies en 'n perd s'n groot en rond. Hoekom is dit so?"
Zuma antwoord: "OOOooo aikona sisi ek weet nie."
Die klein dogtertjie antwoord: "Nou Presies, jy kan nie eers oor kak praat nie, hoe wil jy dan oor Werkskepping vir 7 miljoen praat!"
252.
Pietie loop by 'n bar in, en gaan sit langs 'n moerse sexy blond, en staar na sy horlosie. Die blond sê: "Ag shame, is jou date laat?"
"Nee, ek is net besig om my nuwe watch uit te check, antwoord Pietie.
"So wat se daai horlosie van jou nou?" vra die blond nuuskierig.
"My nuwe watch sê my dat jy nie 'n panty dra nie."
"Jou horlosie moet gebreek wees, want ek het verseker 'n panty aan," antwoord die blond.
Pietie tik op die horlosie: "O, lyk my die ding is 'n halfuur of wat te vinnig!"
253.
Toe 'n Zebra-merrie in 'n dieretuin het bietjie oud begin raak, stuur hulle haar plaas toe, vir haar laaste paar jare. Die zebra is baie opgewonde en hardloop rond soos 'n mal ding. Sy kyk rond en sien 'n snaakse bruin dier met spene.
"Wat's jy?" vra sy.
"Ek's 'n koei."
"Wat maak jy?"
"Ek maak melk vir die boer."
"Ek sien. Cool."
Sy check so 'n snaakse klein diertjie en skiet uit soontoe.
"Wat's jy?" vra sy weer.
"Ek's 'n hoender."
"Wat maak jy?"
"Ek produseer eiers vir die boer."
"Ek sien."
Net toe sien die zebra hierdie HOT dier wat feitlik net soos sy lyk, behalwe nou vir die strepe. Sy sny 'n lyn soontoe.
"Haai, ek's 'n Zebra. Wat's jy?" vra sy.
"Ek's 'n hings," reken hy.
"Wow", sê die zebra. "Wat maak jy?"
"Trek uit daai pajamas, girl, dan wys ek jou!"
254.
Almal wat van die produksielyn af kom, staan buite in ‘n ry geparkeer. Die volgende oggend word hulle gestart:
Die een wat nie wil start nie, kry ‘n Nissan Badge.
Die een wat eertse begin warm word, kry ‘n Isuzu Badge.
Die een met die olie kol onder hom, kry ‘n Ford Badge.
Die een wat staan en melk lek, kry ‘n Amamrok Badge.
Toyota kry nie ‘n badge nie, want hy word deur die nag gesteel.
256.
260.
Ek is nou baie exited! Van almal hier by die werk is EK gekies vir 'n random alkohol toets. Ek kan my luck nie glo nie! Ek is nog nie seker watter alkohol ek moet toets nie - who cares! - blykbaar is die alkohol toets heeltemal gratis! Whoop Whoop!!
261.
Dagboek Inskrywing 1 September 2018:
"...Liewe Dagboek. Ek is erg bekommerd. Ek dink ek word dopgehou. Miskien 'n spy camera of 'n drone in my badkamer. Ek weet nie. Kry nou heeloggend boodskappe van 'heerlike lengte!'..."
262.
BREAKING NEWS!! Hulle het by Julius Malema (leier van die EFF) se studeer kamer ingebreek gisteraand en 3 van sy boeke gesteel.
Volgens bronne baie naby aan hom is hy hoogs die donner in, want twee van die boeke wat hulle gesteel het, het hy nog nie klaar ingekleur nie
263.
'n Blond noem haar twee honde Seiko en
Rolex.
'n Man vra haar: "Dis darem
snaakse name vir honde?"
Die Blond antwoord: "Hallo-o-o-o-o!!! Dis watch dogs!!!
264.
Wat noem jy 'n vuurvliegie wat Viagragevoer is?
'n Staanlampie, natuurlik!
265.
Hoekom is die meeste Landie-eienaars ook honde eienaars?
Om jou geselskap te hou terwyl jy huistoe loop!
Hoekom het Land Rover se agtervensters verwarmers? Om
jou hande warm te hou terwyl jy stoot!
Hulle sê dat 90% van alle Land Rovers wat vervaardig is,
steeds op die pad is. Die ander 10% het hul bestemmings bereik!
266.
Koos besoek sy naaste kroeg....
Hy bestel 3 doppe. Hy neem 'n sluk van elke dop. So gaan dit aan. Dié om hom vra:
"Koos, hoekom bestel jy elke aand 3 doppe?"
Koos antwoord: "Ek drink saam met my twee broers. Hul het beide geimmigreer. En ek mis hul verskriklik."
So gaan dit vir maande aan. Elke aand: 3 Doppe, slukkie vir slukkie van elk.
Op 'n dag bestel Koos slegs twee doppe.
Almal is geskok. Die barman vra: "En nou Koos, hoekom net twee doppe. Wat is fout?"
Koos antwoord: "O, dis eenvoudig. Ek het opgehou drink.
267.
Agtergrond: Man en Vrou by Huweliksberader
Vrou: "Dokter, daar is niks oor van ons 27-jaar huwelik nie!" En sy gaan voort en vertel van al haar man se swakhede. " Daar is niks liefde nie; geen aanraking meer nie. Geen komplimente nie." En so woed sy voort vir nog 15 minute.
Die berader staan op, neem die vrou in haar arms, en druk haar teen hom vas. Gee haar 'n sagte soen in die nek, en toe op die mond. Die vrou is in absolute ekstase!
Berader: (aan man) "Dit is wat jou vrou nodig het. Drie maal per week. Kan jy dit doen?"
Man: "Wel dokter, ek kan haar maandae en woensdae hier aflaai, maar vrydae vang ek ongelukkig vis."
268.
‘n Professor by UP het ‘n lesing om te gee oor “Onbeheerbare spier saamtrekkings” aan sy eerste jaar mediese studente.
Wetend dat dit nie juis ‘n interesante onderwerp is nie, besluit hy om die algemene luim van die klas op te helder.
Hy wys toe na ‘n ouerige vroue-student in die voorste ry en vra...”Weet jy wat jou poepol doen terwyl jy ‘n orgasme beleef?” Sy antwoord toe, “tien teen een besig om golf te speel saam met sy vriende.”
269.
Koos besoek sy naaste kroeg....
Hy bestel 3 doppe. Hy neem 'n sluk van elke dop. So gaan dit aan. Dié om hom vra:
"Koos, hoekom bestel jy elke aand 3 doppe?" Koos antwoord: "Ek drink saam met my twee broers. Hul het beide geimmigreer. En ek mis hul verskriklik."
So gaan dit vir maande aan. Elke aand: 3 Doppe, slukkie vir slukkie van elk. Op 'n dag bestel Koos slegs twee doppe. Almal is geskok. Die barman vra: "En nou Koos, hoekom net twee doppe. Wat is fout?" Koos antwoord: "O, dis eenvoudig. Ek het opgehou drink.
270.
Vir al die enkellopende dames daar buite...As jul blomme soek vir "Valentine's dag "... moet julle nou begin plant! Tyd raak min.
271.
Koos ry met sy trekker die grondpad af, en sien 'n hele klomp mense rondom sy buurman se skuur staan.
Nuuskierig loop hy nader en sien Piet daar staan.
"Middag Piet, wat gaan hier aan?"
"Middag Koos, nee die donkie het vanoggend Gert se skoonma teen die kop geskop, en nou is sy oorlede."
"Ag nee man, jis, sy moes seker baie vriende gehad het. Kyk hoe lank is die tou?" sé Koos.
"Nee Koos. Dit is almal wat die donkie wil koop." antwoord Piet.
272.
Liewe dr. phil
Ek bly in Delmas en ek soek biki raat. Eks 17 jaar out en in graat 7. Gistrant het ek en my ou, Vleis Du Plessis, gevry. Toe vat hy aan my sponsie. Ek het ook aan hom givoel en daar was iets baja hart voor in sy broek, omtrent so grood soos 'n black label bottil. Dink oom hy drink skelm?
Sonja
273.
Die manne in die hemel verlang na rugby, en hul woordvoerder gaan vra Petrus of hulle nie maar 'n span kan vorm en speel nie.
Petrus: "Ja, maar teen wie sal jul nou eintlik kan speel?"
Woordvoerder: "Wat van teen die warm plek?"
Petrus bel ondertoe: "Wil julle 'n rugby wedstryd teen ons speel?"
Duiwel: "Julle het mos nie 'n kat se kans om teen ons te wen nie!"
Petrus: "Inteendeel, al die beste spelers is hierbo!"
Duiwel: "En waar dink jy is al die skeidsregters?"
274.
Ek was Saterdagaand by 'n troue waar die Seremoniemeester gevra het dat al die getroude mans gaan staan by die persoon wat hul lewens absoluut die moeite werd maak......
Die Barman was amper doodgetrap!
275.
Gedurende hierdie ernstige en moeilike tye is daar vier belangrike waarhede wat mense van alle godsdienste moet onthou:
1. Muslims erken nie die Jode as God se uitverkore volk nie.
2. Die Jode erken nie Jesus as die Messias nie.
3. Protestante erken nie die Pous as die leier van die Christelike wêreld nie.
4. Baptiste herken mekaar nie in die drankwinkel nie.
276.
Van Tonder kom agter dat hy 'n bietjie doof raak en besluit om 'n gehoorapparaat aan te skaf. Hy is net 'n bietjie doof, en verdomp suinig; so hy wil nie baie geld uitgee nie.
"Hoeveel kos die goed," vra hy vir die klerk.
"Dit hang af meneer, ons het modelle van R20 tot R2,000."
"Nou waarvoor staan jy nog rond? Wys my die R20 model."
Die klerkie vroetel in 'n laai, haal 'n apparaat uit, en hang dit om Van Tonder se nek.
"Meneer, jy druk nou net hierdie knoppie in jou oor, en laat hang die toutjie tot in jou hemp se sak."
"Ja, ja. Maar hoe werk hierdie ding?"
"Meneer, vir R20 werk hy nou nie eintlik nie; maar as mense sien jy het dit aan, praat hulle sommer harder!"
277.
Die polisieman vang vir Gatiep een aand met vier krewe.
Polisieman: "Meneer, het jy 'n lisensie om hierdie krewe te vang?"
"Nee," antwoord Gatiep - "dis sommer my troeteldiertjies hierdie. Ek bring hul elke aand om 'n bietjie te swem. Na 'n rukkie dan fluit ek, en dan kom hulle weer na my toe, en ons stap huistoe."
Polisieman: "Maar jy lieg mos nou meneer!"
"Nee, kom ek wys jou dan!" sê Gatiep.
Hy sit die krewe in die water, en hulle swem al dieper weg.
Na 'n rukkie vra die polisieman: "Wanneer gaan jy fluit?"
"Fluit vir wie?" vra Gatiep.
"Die krewe," and die Polisieman.
"Watter krewe?" vra Gatiep.
278.
Ons land se probleme het daardie dag begin by Furniture City...toe Mev. Gupta aan Meneer Gupta sê:
"Skat, ons moet 'n kabinet koop..."
279.
As jy van 'n gesin of iemand weet wat dalk Kersdag stoksiel alleen gaan deurbring; en wat nie vriende of familie het nie - Laat weet my groot asb!!!
Ek wil by hulle stoele leen.
280.
Manne, laat jul vrouens 'n bietjie spesiaal voel.
Sit 'n foto van haar in die kombuis en skryf bo-aan "Employee of the Month"
Ps. volg my vir meer verhoudingswenke.
281.
Die gholfspeler kom maar net nie so ver om af te slaan nie. Hy kyk na bo en onder, probeer die windrigting en -sterkte bepaal, skat die afstand en die helling… en net as sy vriend dink hy gaan nou tot ‘n punt kom, begin hy weer van voor af beplan en skat en meet.
Vriend: “Hoekom vat jy so lank? Hoekom slaan jy nie maar net gewoon af nie?”
Gholfspeler: “Nee, my vrou staan daar op die bult en kyk en ek wil graag ‘n perfekte hou slaan.”
Vriend: “Vergeet dit. Jy sal haar nooit van hier af kan tref nie.”
282.
Bettie en haar man gaan op vakansie na ’n vakansieoord op die Vaalrivier. Terwyl hy op ’n dag lê en dut, besluit sy om sy boot op die rivier te neem en te lees.
Terwyl Bettie rustig in die son lê en lees verskyn daar skielik ’n boot langs haar met ’n polisieman: “Hier word geen visvang toegelaat nie, mevrou. Ek gaan jou moet beboet.”
“Maar konstabel,” se Bettie “jy kan tog sien ek vang nie vis nie.”
“Mevrou, jy het al die nodige toerusting hier in die boot. Ek sal jou moet beboet.”
Bettie kyk hom stip aan vir ’n minuut en toe sê sy: “As jy dit doen konstabel, sal ek jou moet aankla van verkragting.”
“Maar ek het nie eers aan jou geraak nie,” sê die konstabel verbouereerd.
“Ek weet,” sê Bettie, “maar jy het al die nodige toerusting.”
283.
Die koerant sê dat as jy bekommerd is dat die Covid-inenting gebruik word om 'n mikroskyfie in jou te plant, jy by jou naaste veearts vra hulle moet jou skandeer om te sien of daar so iets is.
Toe stop ek gister na werk by die Vet hier in Elarduspark. Blykbaar behoort ek aan Du Plessis mense van Krugersdorp.
284.
Waar kry 'n mens 'n hond sonder bene?
Net daar waar jy hom gelos het!
285.
Daar staan geskrywe.
"Stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer."
Dit is hoekom ek nie afstof nie. Ek is bang dit is iemand wat ek ken.
286.
Hulle het gesê: "Net 'n masker en handskoene is genoeg om winkels toe te gaan!"
Toe ek daar kom, het die ander mense klere aan.
Weet jy hoe 'n poephol ek gevoel het!
287.
Kosie sit in die klas . Die juffrou vra: "Klas, daar is 3 voëls op die draad. Een word doodgeskiet. Hoeveel is oor ?"
Kosie antwoord. "Niks jufrou."
Juffrou: "Nee Kosie 2 is oor !!!"
Kosie: "Ja, maar die ander twee het weg gevlieg toe die een doodgeskiet is."
Jufrou sê: "Ek hou van die manier wat jy dink Kosie !!!"
Kosie vra: "Kan ek juffrou 'n vraag vra?"
Juffrou: "Natuurlik Kosie."
Kosie: "Daar is drie vroue. Elkeen het 'n roomys. Een hap haar roomys, die ander een suig haar roomys en die derde een lek haar roomys. Wie van die drie vrouens is getroud?"
Juffrou: "Die een wat haar roomys suig?"
Kosie: "Nee juffrou! Die een wat 'n trouring aan haar vinger het. Maar ek hou van die manieer hoe juffrou dink!"
288.
Jannie se ouers wys vir hom hul troufoto’s.
En Jannie vra: "Pappa, is dit die dag toe mamma vir ons begin werk het?"
289.
Mike: "Kallie, hoekom hol jou hond so in die strate rond?"
Kallie: "Ou Mike, ek het hom laat regmaak. Hy kanselleer net al sy afsprake."
290.
Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok. Saggies soen hy nege van die 10 henne. Van die tiende hoenderhen, pluk hy net 'n veer af.
So gaan dit aan dag vir dag. Die nege hoenderhenne is baie bly, maar die tiende hoenderhen dra haar hartseer en pyn in stilte.
Op die negentiende dag het die hoenderhennetjie nou genoeg gehad van hierdie 'absuse' en toe hy in die hoenderhok instap, skree sy onmiddelik op hom: "Jy, jy kom elke oggend hier breëbors ingestap en soen dan al die ander nege hoenderhenne; maar by my pluk jy 'n veer? Hoekom?? Wat is jou plan???" vra sy.
Die haan fluister saggies in die hoenderhen se oor: "Want vir jou skattie... wil ek kaalgat sien!"
291.
Ek sien nou terwyl ek Bybel lees; Spietkops is die oudste beroep in die wêreld!
Genesis 3:4 "En die bose gees het agter die bos gestaan..."
292.
Die gesondheidsinspekteur kom by Oom Koos in die bakkery aan, en sien hy gebruik sy valstande om mooi vormpies in die pasty deeg te druk.
Ontsteld vra hy Oom Koos: "Het jy nie 'n tool vir dit nie???"
Oom Koos antwoord: "Natuurlik het ek, maar hom gebruik ek vir die doughnuts!"
293.
Ons Staaspresident vertel graag die storie van die seuntjie wat sy handtekening kom vra het. Nie net een nie, maar drie!
"Nou wat wil jy dan met drie maak?", vra die Staatspresident belangstellend.
"As ek drie van jou handtekeninge het, kan ek dit verruil vir een van Naas Botha!"
294.
Landdros: "Jy het die eiers in die man se winkel gesteel. Het jy 'n verskoning?"
Beskuldigde: "Ja, ek het dit per abuis geneem."
Landdros: "Per abuis?"
Beskuldigde: "Ja, ek het gedink dit is vars."
295.
Boer stuur sy handlanger op die plaas dorp toe om vir hom 'n bottel J & B te gaan koop.
Die werker om terug en sê: "Jammer meneer, maar ek kry nie daardie goed wat jy soek nie! Toe koop ek maar 'n bottel Ek & Jy!"
Die boer wonder by homself: "Wat de hel is Ek & Jy?"
Toe hy die bruin papiersak oopmaak, is dit toe 'n bottel Black & White!
296.
Die spietkop trek my af en loop om my kar.
Hy sê toe: "Jou hooflig, een flikkerlig en jou regter agter rem lig is stukkend! Dit sal R500 wees."
Ek dink toe so 'n bietjie en sê: "Jou kwotasie klink billik. Maak net seker die kar is vóór 17h30 klaar!!"
297.
Sê Meraai vir Gatiep: "Djy is sommer 'n gemors. Djy gie my nie iens geld vir 'n rok, of skoene, of blomme of tjoklits nie. Fokol nie. Van vandag af as djy iets in daai kooi wil hê, moet djy R10 op die spieltafel sit."
Gatiep: "Daai is orraait. R10 issie so much nie."
So gaan dit elke aand aan, en hier by die 23ste van die maand krap Gatiep in sy sak en sien hy het net R7.
"Nou wat kan ek ry vir R7?"
Meraai haak af: "Djy kan net vryf, vat en vroetel."
"Sharp", sê Gatiep.
Hy vryf, vroetel en vat. Vryf, vroetel en vat. Na so 20 minute spring Meraai uit die kooi en hardloop na haar kas toe.
"En nou," skree Gatiep, "waar gaan djy? Ek is nogi klaar gevryf ie."
Meraai skree terug: "Hou djou bek; ek wil in die kas kyk of ek nie vir djou R3 kan leen ie."
298.
In die bed voel pappa sy 'oukie' beweeg en fluister: "skattie, die aandele styg en die wisselkoers is bestendig; wil jy belê?"
Vroulief: "Nee, die beurs is gesluit."
Later fluister sy: "Slaap jy al; die beurs is oop!!"
Manlief: "Te laat", sê hy. "Ek het die aandele sommer uit die hand verkoop."
299.
Piet sê vir Koos: "My pel het van sy bike afgeval.
Koos sê: "Ag nee, rerig?
Piet: "Ja, het het twee gebreekte arms, breinskade, en is blind in sy een oog."
Koos sê: "Goeie fok, geen wonder hy het van sy bike afgeval nie."
300.
Pel lê op sy laaste in die hospitaal. Hy laat roep sy vrou en kinders. "My liewe vrou, jy moet die BMW-onderneming oorvat en aangaan", begin hy.
"Ouboet, jy moet die selfoon onderneming oorvat en aangaan."
"Sussa, jy moet die straler onderneming by die lughawe oorvat en aangaan."
"My klein bulletjie, jy moet die Mall oorvat en aangaan."
Hulle sak almal op hul knieë neer en ween bitterlik oor hul siek vader.
Die verpleegster staan nader om te troos, en sê: "Sjoe, nou waaroor al die trane. Julle is mos goed nagelaat?"
Toe antwoord hulle in 'n koor: "Goed nagelaat?? Hy is die karwag by al daardie plekke."