Dr. D.F. Malan (oor Afrikaans)
Saamgestel deur
Abraham H. de Vries, uit sy boek 100 JAAR VAN AFRIKAANSE KORTVERHALE ISBN0-7981-3569-7
Allan Pease, uit sy boek LYFTAAL ISBN 0-624-03347-3
Anton F. Prinsloo, uit sy boek ANNERLIKE AFRIKAANS ISBN978-1-96919-265-5
Anton F. Prinsloo, uit sy boek DIE AAP IN JOU KOFFIE ISBN978--1-86919-463-5
Anton F. Prinsloo, uit sy boek FEITE, FALERS FIKSIE ISBN 0-7981-4214-6
Anton F. Prinsloo, uit sy boek 'N DIEF AAN DIE KERS ISBN978-1-86890-176-0
Anton F. Prinsloo, uit sy boek SPREEKWOORDE EN WAAR HULLE VANDAAN KOM ISBN978-1-86890-101-2
A.S. Maxwell, uit sy boek OOM ATTIE SE SLAAPTYD STORIES 1 - 5
Carel Boshoff, uit sy boek NP VAN WYK LOUW EN DIE DERDE AFRIKANER ISBN978-0-620-60396-6
C.J Langenhoven, uit sy boek DIE BESTE SPOOKSTORIES ISBN 0-624 03139 X
Danie Smuts, uit sy boek BOERE RATE ISBN978-0-14-353921-8
Dawid van Lill, uit sy boek VAN LILL SE SUID-AFRIKAANSE TRIVIA ISBN 1-86872-927-3
Dawid van Lill, uit sy boek WAT 'n VRAAG! ISBN 0-7981-3970-5
De Villiers Gouws, IDIOMEWOORDEBOEK ISBN 0-625-02290-4
DJ Opperman, uit sy boek SENIOR VERSEBOEK ISBN0-624-021793
Ettienne De Wilzem, uit sy boek, JEUGHELDE VAN DIE TRANSVAAL ISBN1-86819-176-1
Fanie Olivier, uit sy boek DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE ISBN0-7981-4704-0
F F Odendaal & R Gouws, uit hul boek HANDWOORDEBOEK VAN DIE AFRIKAANSE TAAL ISBN978-1-77025-665-1
Fransjohan Pretorius, uit sy boek GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA ISBN978-0-624-05466-5
Frikkie Wallis, uit sy boek, NUUSDABOEK ISBN07981-4018-6
George Claassen, uit sy boek SêGOED MET SLAANKRAG ISBN978-0-624-06318-6
Hermann Giliomee, uit sy boek, DIE LAASTE AFRIKANER-LEIERS ISBN978-0-624-05255-5
Johanna De Wet, uit haar boek WAT PRAAT JY! ISBN978-1-86919388-1
Kritzinger Labuschagne, uit hul boek VERKLARENDE AFRIKAANSE WOORDEBOEK ISBN 0-627-01089X
Leon Wessels, uit sy boek VEREENIGING, DIE ONVOLTOOIDE VREDE ISBN978--4152-0121-3
Merwe Scholtz, uit sy boek VERTELLERS: DIE GROOT AFRIKAANSE VERHAALBOEK ISBN978-0-624028-888-1
Merwe Scholtz, uit sy boek VERTELLERS2: DIE TWEEDE GROOT VERHAALBOEK ISBN 0-7981-2853-4
PH Kapp uit sy boek ONS VOLKSFEESTE ISBN062-4-00636-0
P.J van der Watt, uit sy boek JEUGHELDE ISBN 0-86985-360-1
Rena de Villiers, uit haar boek KENNETJIE en ander KINDERSPELETJIES ISBN 0-7933-3433-2
RP Botha, G Kraes, CH Winckler uit hul boek AFRIKAANSE IDIOME EN ANDER VASTE UITDRUKKINGS ISBN1-868125-394
Van der Merwe, uit sy boek DIE KORREKTE WOORD ISBN0-627-0714-2
Vriende van Afrikaans, uit hul boek DAE UIT ONS GESKIEDENIS ISBN978-0-9814177-6-9
KRONOLOGIE
1602 Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) word in Amsterdam gestig
1618 Die sinode van Dordrecht besluit die hoof van die huishouding het die reg om te bepaal of lede van sy huishouding, ook die slawe en bediendes, tot die doop gebring moet word
1652 Die VOC vestig 'n verversingstasie aan die Suidpunt van Afrika
1657 Jan van Riebeeck stel nege amptenare vry om vryburgers te word
1658 Die grootskaalse invoer van slawe begin
1659 Die Skiereilandse Khoi-Khois onder Doman val die nedersetting aan
1679 Simon van der Stel stig Stellenbosch
1688 'n Geselskap van 180 Franse Hugenote kom aan
1713 Pokke wis baie van die Khoi-Khois in die weste uit
1715 Onder die kommandostelsel verdedig burgers die binneland
1716 Die regering besluit teen gesubsidieerde Europese immigrasie; die ekonomie in die weste word op slawery gevestig
1717 Leningsplase word die basis van grondbesit in die binneland
1743 Die regering stel 'n kollege van landdros en heemrade in Swellendam in
1770 Kommando's probeer die San (Boesmans) uitwis
1778 Die Kaapse Patriot-beweging veg vir groter regte en vryhede
1779 Die Eerste Grensoorlog tussen burgers en Xhosas
1786 Die regering stel 'n kollege van landdros en heemrade in die nuwe distrik Graaff-Reinet in
1793 Die Tweede Grensoorlog. 'n Onsuksesvolle poging om die Xhosas uit die Suurveld te verdryf
1795 Franse revolusionêre leërs val Nederland binne. Die Bataafse Republiek kom tot stand; die Prins van Oranje vlug en vra Brittanje om die Kaap te beset
1795 Die eerste Britse bewind
1799 Khoi-Khois in die ooste kom in opstand en die Derde Grensoorlog begin
1803 Die Kaap word deur amptenare van die Bataafse bewind bestuur
1806 Brittanje herower die Kaap en die tweede Britse bewind begin
1808 Die invoer van slawe word beëindig
1811 Die Vierde Grensoorlog. Xhosas word uit die Suurveld verdryf
1819 Die vyfde Grensoorlog. Die regering stel 'n "neutrale gebied" in tussen die Visrivier en Keiskammarivier
1822 Die regering kondig aan dat Engels binne vyf jaar die enigste taal van die administrasie en regspleging sal wees
1824 Die eerste sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk
1828 Die afskaffing van die kolleges van landros en heemrade en instelling van magistrate en hooggeregshof; vryhandel vervang die pagte stelsel. Khoi-Khois word op gelyke voet voor die reg saam met die koloniste geplaas
1830 De Zuid-Afrikaan, die eerste Hollandse koerant, verskyn
1834 Slawerny in die Britse Ryk word beëindig deur die formele vrylating van slawe op 1 Desember 1838
1834 Die Sesde Grensoorlog
1835 Die eerste fase van die Groot Trek
1838 Die Slag by Bloedrivier
1839 Voortrekkers stig die Republiek Natalia
1844 Hendrik Potgieter en sy mense stig 'n burgerraad vir die gebied Potchefstroom-Winburg
1852 Brittanje erken die Zuid-Afrikaansche Republiek in Transvaal
1854 Verteenwoordigende regering met 'n Parlement word in die Kaapkolonie ingevoer; Brittanje erken die Republiek van die Oranje-Vrystaat
1869 Diamante word ontdek en Kimberley kom tot stand
1872 Verantwoordelike regering word in die Kaapkolonie ingestel
1875 Die Genootskap van Regte Afrikaners word in die Paarl gestig
1877 Brittanje annekseer Transvaal
1880 Die Afrikanerbond word gestig
1886 Goud word aan die Witwatersrand ontdek
1895 Die Jameson-inval in Transvaal
1899 Die Anglo-Boereoorlog
1905 Eugene Marais se gedig "Winternag"verskyn
1907 Die unifikasiebeweging
1910 Louis Botha as leier van die Suid-Afrikaanse Party word die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika
1912 Stigting van die South African Native National Congress, later African National Congress genoem
1914 J.B.M. Hertzog stig die Nasionale Party
1915 de Burger verskyn in Kaapstad
1918 Die Afrikaner-Broederbond word in Johannesburg gestig
1918 Sanlam en Santam word gestig
1922 Groot staking op die Witwatersrand
1924 Die Pakt-alliansie met die NP as hoofvennoot wen die verkiesing en Hertzog word eerste minister
1925 Afrikaans word as ampstaal erken
1929 Die staat neem wetgewing aan om Yskor tot stand te bring
1932 Die Carnegie-verslag oor wit armoede verskyn
1934 Samesmelting van die SAP en die NP om die Verenigde Party te vorm met Hertzog as leier en Jan Smuts as onderleier. D.F Malan word leier van die gesuiwerde Nasionale Party
1934 Die eerste gedigte van N.P van Wyk Louw en ander "Dertigers"verskyn
1938 Die eeufeesviering van die Groot Trek
1939 Die eerste Ekonomiese Volkskongres besluit om die Afrikaners se toetrede tot die moderne ekonomie te koordineer
1939 Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog in Europa laat die VP-regering skeur; Smuts word eerste minister
1948 'n Afrikaner-maatskappy, Bonuskor, word vir die eerste keer op die aandelebeurs genoteer
1949 Die Nasionale Party wen die verkiesing en begin met die instelling van die apartheidstelsel
1960 Slagting by Sharpeville en 'n groot, maar kortstondige uitstroming van kapitaal begin; die regering kondig 'n noodtoestand af en verbied die ANC en die Pan African Congress
1961 Suid-Afrika word 'n republiek
1975 Suid-Afrikaanse troepe val Angola binne, die begin van 'n grensoorlog wat tot 1988 duur, waarna sowel Suid-Afrikaanse as Kubaanse troepe uit Angola ontrek word
1976 'n Opstand breek in Soweto uit
1983 'n Nuwe grondwet word aangeneem wat voorsiening maak vir 'n uitvoerende president en afsonderlike kamers vir wit mense, bruin mense en Indiërs in die Parlement
1984 Opstande breek in Sebokeng en ander Oos-Randse swart woonbuurte uit
1985 'n Gedeeltelike Noodtoestand
1986 'n Algemene Noodtoestand, 'n grootskaalse vlug van kapitaal en omvattende sanksies teen Suid-Afrika
1990 Die verbod op die ANC en sekere ander buite parlementêre bewegings word herroep en die regering verbind hom tot 'n proses om tot 'n demokratiese grondwetlike skikking te kom
1993 'n Tussentydse grondwet word aangeneem. Afrikaans word een van elf amptelike tale
1994 Die eerste insluitende demokratiese verkiesing
1996 Die finale grondwet word aangeneem en die NP ontrek hom aan die regering van Nasionale eenheid en kondig sy ontbinding as party aan in 2004
2000 Demokratiese Alliansie kom tot stand uit die DP en NP; twee derdes van die Afrikaners stem DA in 2004