My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

Name vanne diere dorpe 

Op 'n skoon bladsy is al die letters van die alfabet rond en bont neergeskryf en 'n kring om elkeen getrek. Iemand het oe toegmaak en die papier is in die rondte gedraai en dan is daar met 'n pen op die papier gedruk (terwyl die speler se oe toe was).

Die letter wat dan raak gedruk was, was die aanduiding van waarmee die woorde moes begin. So veronderstel ons nou daar is op die letter "S" gedruk, dan was:

Naam=Sannie, Van=Steyn, Diere=Steenbok, Dorp=Steynsrus, Motor= Song Yung, Bome=Stinkhout
Daarvolgens is daar punte toegeken, bv, 5 punte vir elke korrekte antwoord, die groep het besluit of jy 'n aanvaarbare woord gebruik het of nie.

Indien meer as een dieselfde woord gebruik is, was die punte verminder na bv 3 toe ens.
Soms was die dispute hewig en is die woordeboek, die padkaart of selfs die kinderensiklopidee nader getrek om te bepaal of jou antwoord regtig reg is.

Almal wou die wenner wees, en dit het by elkeen berus om te sorg dat die antwoorde reg was.
Gewoonlik as al die letters van die alfabet gebruik is, was die speletjie klaar. As ons betrap is dat ons "speel" was die verweer altyd dat ons besig is om aardrykskunde of geskiedenis of so iets te leer.

 
 
 
 
Mail
Call