Die Kasteel die Goeie Hoop
Die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad is die oudste gebou uit die blanke vestigingstyd in Suid-Afrika. Gebou tussen 1666 en 1679 deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie), vervang hierdie vesting 'n klein klei- en houtfort gebou in 1652 deur Jan van Riebeeck, stigter van die halfwegpos aan die Kaap die Goeie Hoop. In 1664 was daar herlewing van gerugte van oorlog tussen Brittanje en Nederland en daar was vrese vir 'n Britse aanval op die Kaap. Gedurende dieselfde jaar is kommandeur Zacharias Wagenaer beveel om 'n vyfpunt klipkasteel te bou. Op 26 April 1679 is die vyf bastions (punte) vernoem na die hooftitel van Willem, die Prins van Oranje. Die westelike bastion is genoem Leerdam; gevolg kloksgewys deur Buuren, Catzenellenbogen, Nassau en Oranje.
In 1682 vervang die hekopening die ou ingang wat aan die see gefront het. Die kloktoring, geleë bo die hoofingang is gebou in 1684. Die oorspronklike klok , die oudste in Suid-Afrika, is gegiet in Amsterdam in 1697 by Claude Fremy en weeg 300 kg. Dit was gebruik om die die ure aan te dui en burgerlikes te waarsku in geval van gevaar en kon tot 10 km ver gehoor word. Dit was ook gelui om inwoners en soldate te roep vir belangrike aankondigings.
Binne die mure van die Kasteel was daar onder andere 'n kerk, bakkery, werkswinkels, leefkwartiere, winkels, selle en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Die geel verf op die mure was gekies as gevolg van die vermoë om hitte en fel sonlig te verminder. 'n Muur verdeel die binnehof van die kasteel. Die verdeling is gedoen om inwoners te beskerm in geval van 'n aanval. Die bekende Kat Balkon is 'n uitstaande kenmerk van die verdelingsmuur. Die oorspronklike balkon was gebou in 1695 en is herbou in sy huidige vorm deur die VOC tussen 1786 en 1790. Vanaf die balkon is aankondigings gedoen aan soldate, slawe en burgers van die Kaap. Die balkon lei na die beroemde William Fehr-versameling van historiese skilderye en outydse meubels, wat betrekking het op die Kaap van Goeie Hoop.
In 1936 is Kasteel van Goeie Hoop tot 'n nasionale monument verklaar. As gevolg van 'n uitgebreide restourasieproses wat van stapel gestuur is in die 1980's, is die Kasteel van Goeie Hoop die bes bewaarde fort van sy soort wat gebou is deur die VOC waar dit belange gehad het.
Die Kasteel die Goeie Hoop was die plaaslike hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Weermag in die Wes-Kaap en huisves die militêre museum en seremoniële fasiliteit vir tradisionele Kaapse Regimente.