My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

Die Wonderwerk van Bloedrivier 

 

 

"..."Die Wonderwerk van Bloedrivier"
Andries Pretorius slaan die herhaalde aanvalle van 10,000 geoefende en dapper Zoeloekrygers af en laat een uit drie van hulle sneuwel.
Andries Pretorius se roem as veldheer berus in die eerste plek op sy skitterende oorwinning by Bloedrivier. Die oorwinning wat hy hier behaal het, is sonder weerga in die militêre geskiedenis van Suid-Afrika. In geen ander veldtog het daar aan die een kant so veel en aan die ander so weinig gesneuwel nie - 3,000 Zoeloes teenoor nie 'n enkele Voortrekker nie. Bloedrivier was egter nie die enigste veldslag waar Pretorius sy vernuf as aanvoerder getoon het nie.
By Congella het hy Kaptein T.C Smith se nagtelike opmars gestuit op 'n wyse wat bewondering afdwing. By Port Natal het hy die Britse mag suksesvol beleër, maar tevergeefs probeer om die landing van Britse versterkings onder Luitenant Kolonel A.J. Cloete te keer. By Boomplaats het hy sy terrein goed gekies en sy aanval deeglik beplan, maar sy ongedissiplineerde mag was nie opgewasse teen sir Harry Smith se groter, goed gedissiplineerde en beter gewapende mag nie.
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius is op 27 November 1798 in die distrik Graaff-Reinet gebore. Sy ouers was Marthinus Wessel Ptretorius en Susanna Elizabeth Viljoen. Sy eerste lewensjare bring hy op sy vader se plaas Drie Koppen (tans Glen Harry) sowat 50km noordoos van Graaff-Reinet deur. Hoeveel formele onderrrig hy ontvang het, is nie bekend nie, maar die talle briewe wat daar van hom bewaar gebly het, toon dat hy, nieteenstaande 'n byna onleesbare handskrif, sy gedagtes duidelik kon formuleer.
In November 1818 tree Pretorius op Tulbach in die huwelik met die agtienjarige Christina Petronella de Wet. Uit hierdie huwelik is tien kinders gebore - drie seuns en sewe dogters. Die oudste seun, Marthinus Wessel, sou later staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat word.
Na sy troue het Pretorius op Letskraal, sowat 10km van sy vader se woonplaas, gaan woon. Sy vermoë om leiding op die slagveld te gee, word reeds in hierdie tyd raakgesien, want gedurende die Sesde Grensoorlog (1834-1835) voer hy 'n kommando Graaff-Reinetters teen die Xhosas aan.
Gedurende die somer van 1838-1839 onderneem Pretorius en twee van sy broers 'n verkenningstog na Transvaal en Natal. Dit is veral Natal wat 'n gunstige indruk op hom maak en kort na sy terugkeer in Graaff-Reinet in Januarie 1838 kondig hy dan ook aan dat sy plase te koop is. Die moord op Piet Retief se geselskap die daaropvolgende maand demp hoegenaamd nie sy vasbeslotenheid om na Natal te trek nie. In die begin van Oktober 1838 vertrek hy met sy trekgeselskap na Natal. Aan die Modderrivier naby Uysklip laat hy sy trekgeselskap agter, terwyl hy hom met sestig man vooruit haas na Natal om betyds te wees vir die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Op 22 November 1838 ry hy Jacobus Potgieter se laer aan die Klein-Tugela binne. Die Voortrekkers se predikant, Erasmus Smit, teken op hierdie dag in sy dagboek aan: "In den na-middag arriveerde er weer een zeer waardige medereiziger, Andries Pretorius (als een wel toegeruste en gesabelde en gepistoolde dragonder) te paard in ons leger."
Die veertigjarige Pretorius met sy sterk persoonlikheid, fors gestalte, selfversekerde houding, helder verstand en aansienlike redenaarstalent het uit die staanspoor 'n gunstige indruk op die voortrekkers langs die Klein-Tugela gemaak. Vier dae later is hy dan ook tot hoofkommandant verkies van die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek.
Hierdie kommando, wat later as die Wenkommando bekend sou staan, is voorafgegaan deur twee massamoorde - die moord op Piet Retief en sy gevolg in die Zoeloe-hoofstad Umgungundhlovu, en die moord op die Voortrekkers langs die Bloukrans- en die Boesmansrivier. Saam met Piet Retief is 60 en ongeveer 30 nie-blanke agterryers op wreedaardige wyse met kieries doogeslaan.
Aan die bloukrans- en die Boesmansrivier is 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en meer as 200 gekleurde bediendes om die lewe gebring. In totaal dus byna 600 mense. Met die doel om hierdie moorde te wreek, het 'n kommando onder Potgieter en Piet Uys in April 1838 teen die Zoeloes uitgetrek, haar hulle is in die slag van Italeni op die vlug gedryf. Die voortrekkers was egter vasbeslote om die moorde nie ongestraf te laat nie. Daar is reëlings getref vir 'n verdere kommando en dit was met hierdie kommando dat Pretorius aan die einde van November 1838 teen die Zoeloes uitgetrek het. Pretorius se kommando het die Tugela net bokant die aansluiting van die Klein-Tugela oorgesteek en oor die teenswoordige Ladysmith opgeruk na Zoeloeland. Die kommando het bestaan uit 470 blanke mans en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge. Anders as Potgieter en Uys se kommando wat die Zoeloes te perd aangedurf het, neem Pretorius 57 waens en een oskar saam.
By die teenswoordige Danskraal ten noorde van Ladysmith het Sarel Cilliers op aandrang van Pretorius vir die eerse keer in die openbaar die gedagte geopper dat die kommando as 'n geheel 'n gelofte aan God moet aflê. Die gedagte het byval gevind en op Sondag 9 Desember 1838 het Sarel Cilliers dan ook aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges 'n gelofte aan God afgelê. In 'n gebed het hy belowe dat as God hulle in die komende botsing die oorwinning sou skenk, hulle 'n kerk sou bou en dat hulle, sowel as hul nageslag, altyd die dag waarop die oorwinning behaal is, altyd tot eer van God sou vier. In die daaropvolgende dae is die gelofte by elke aandgodsdiens herhaal.
Op weg na Zoeloeland het Pretorius getoon dat hy 'n wakker en versigtige aanvoerder was wat hom nie deur die vyand wou laat verras nie. Hy het elke aand die waens in 'n kring laat trek, die perde en trekosse binne die laer laat bring en nagwagte uitgesit. Die laer is in die oggend eers opgebreek nadat die omgewing in alle rigtings verken is. Wanneer die waens begin beweeg het, was dit meestal twee-twee tot vier-vier langs mekaar sodat daar in geval van nood haastig laer getrek kan word. Naas Pretorius se voorsorgmaatreëls teen enige verrassing, was een van die vernaamste kenmerke van sy leierskap die nadruk wat hy gelê het op die geestelike voorbereiding van sy manne. Die reeds vermelde gelofte wat hy laat aflê het, was een faset daavan. Verder het hy hulle voortdurend aangespoor tot eengesindheid, erns en gehoorsaamheid. Op Saterdag 15 Desember 1838 het die kommando by 'n rivier gekom wat die Zoeloes die Ncome genoem het, maar wat vandag as Bloedriver bekend staan. Hier het Pretorius halt geroep om, soos ook die voorafgaande dae, die waens in die vorm van 'n laer te trek. Berigte wat hy in die loop van die dag van sy verkenners ontvang het, het hom laat besef dat die Zoeloe leër hulle nou enige dag kon aanval, en daarom het hy die laerplek versigtig gekies.
Hy het die laer teenaan 'n diep sloot laat trek sodat enige aanval uit die suide deur die sloot belemmer sou word. Sowat 300 meter na die oostekant was die rivier, wat op dié plek 'n lang seekoeigat gevorm het. Die rede waarom hy die laer nie nader aan die rivier laat rek het nie, was blykbaar dat die sloot vlakker geword het in die rigting van die rivier. Die waens was reeds, of in elk geval getrek toe 'n boodskapper by Pretorius aankom met die nuus dat Hans de Lange die Zoeloeleër ongeveer twee uur te perd (20km) van die laer waargeneem het. Pretorius het die laer sonder versuim laat versterk met veghekke wat tussen die wawiele aangebring is. Hierdie veghekke, wat in die laer aan die Klein-Tugela gemaak is, moes die vyand verhinder om onder die waens deur te kruip.
Met 220 man het Pretorius daarop uitgery in die rigting waar Hans de Lange die Zoeloe leër opgemerk het. Toe hy die Zoeloes in die gesig kry, was dit reeds laat die middag. Hulle was, soos hy dit enkele dae dae later in 'n brief gestel het, op "een zeer gelyken berg" saamgetrek. Hy het onmiddelik besef dat dit n groot waagstuk sou wees om die Zoeloes in die middag in so 'n bergagtige omgewing aan te val. Hy het dan ook Sarel Cilliers se voorstel, dat hulle die Zoeloes sonder versuim moes aanval, van die hand gewys en met sy manne na die laer teruggekeer. Dit het wel beteken dat hy die inisiatief aan die vyand afstaan, maar die voordele van 'n gelyk slagveld, 'n laer wat beskutting bied en 'n sterker mag het na sy mening swaarder geweeg. Dit was, soos die volgende dag sou blyk, 'n wyse besluit. Pretorius het besef dat die Zoeloes nog dieselfde nag, of vroeg die volgende ogend, tot die aanval kon oorgaan. Hy het dan ook sonder versuim die nodige voorbereidings vir so 'n moontlikheid getref. Soos die voorafgaande aande het hy die trekosse en perde, wat saam meer as 'n duisend stuks getel het, binne die laer laat bring. Hierdie besondere aand het hy ook by die waens sweepstokke met lanterns laat aanbring sodat die Zoeloes nie in die donker ongesiens tot by die waens kon kom nie en sodat die manne kon sien om hul gewere te laai.
Twee uur voor dagbreek op Sondagoggend, 16 Desember 1838, het Pretorius sy manne laat wek. Die mis wat gedurende die nag toegesak het, het nog oor die laer gehang, maar toe dit in die ooste begin lig word, merk die manne tot hul vreugde dat dit opklaar. en feitlik gelyktydig gewaar die wagte dat die Zoeloes nader kom. Spoedig was die laer aan alle kante deur duisende Zoeloes omring. Volgens die betroubaarste skattings was daar ongeveer 10 000. Daarteenoor was daar in die laer slegs 470 blankes (onder wie drie engelse), 60 swart krygsmanne van Alexander Biggar en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge wat as touleiers, wadrywers en beeswagters diens gedoen het. Vir elke man binne die laer was daar dus 20 Zoeloes. Die oormag het Pretorius bekommer, maar hy het nogtans sy manne moed ingepraat. "Nu kunt gy self begrypen," het hy 'n week na die geveg aan Jacobus Boshof op Graaff-Reinet geskryf, "welk gezigt dit opleverde, en dat het er op aan kwam om een onverschrokken gelaat te toonen. Ik zag klaar dat wy nu doen moesten wat wy konden, ik moedigde myne manschappen overluid aan, kun verzekerde dat hoe groot die magt der Zoolas ook schynen mogt, zy tegen ons nit konden bestaan."
Die voorhoede het blykbaar sonder versuim op die laer afgestorm en die eerste skote het reeds voor sonop geklap. Uit die laer is so hewig geskiet dat geen Zoeloe daarin kon slaag om tot teenaan die waens te kom nie  - dit klink byna ongelooflik as 'n mens in gedagte hou dat die laai van die gewere met behulp van 'n laaistok heelwat tyd moet geneem het. Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat elke man meer as een geweer gehad het. Die digte formasie waarin die Zoeloes gestorm het, het dit feitlik onmoontlik gemaak om mis te skiet en met een lading growwe bokhael kon meer as een Zoeloe neergevel word. Daarby, met agt man by elke wa, moet die vuurlinie betreklik dig gewees het. Die Zoeloes wat nie platgeskiet is nie, was verplig om terug te val.
Na 'n kort ruspose het die helfte van die Zoeloemag weer met totale doodsveragting op die laer afgestorm. Weer is hulle deur Pretorius se manne teruggedryf. Ook 'n derde stormloop is met groot verliese aan Zoeloe-kant afgeslaan.
Na drie mislukte stormlope was die Zoeloes teensinnig om weer tot die aanval oor te gaan. Hulle het buite bereik van die geweervuur 'n afwagtende houding aangeneem. Pretorius het daarop vyf man, onder wie sy broer Bart, te perd uit die laer gestuur om op die Zoeloes te skiet. Die Zoeloes het nie op hulle laat wag nie en die vyf man moes terugjaag na die veiligheid van die laer. Toe die Zoeloes binne bereik van die geweervuur kom, is hulle weer met groot verliese teruggedryf. Pretorius het hierdie taktiek nog 'n keer met dieselfde sukses behaal.
Nadat die Zoeloes altesaam sowat vyf keer tevergeefs op die laer afgestorm het, het Pretorius bevel gegee dat 150 man te perd tot die aanval moes oorgaan. Dit was die groot keerpunt in die geveg. Die 150 perderuiters het die Zoeloeleër in twee verdeel en op die vlug gedryf.
Hierdie wending het ongeveer twee uur na die aanvang van die geveg gekom. Dit kon dus nie veel later as agtuur, op die uiterste nege-uur, in die oggend gewees het nie. Toe Pretorius merk dat die vyand op die vlug slaan, het hy met 'n verdere 150 man uit die laer gejaag om hulle te agtervolg. Die Zoeloes het in alle windrigtings gevlug, maar by twee plekke, die sloot en die rivier, kon hulle nie vinnig genoeg wegkom nie en hier het die Voortrekkers 'n ware slagting onder hulle aangerig. By die sloot is daar na die geveg 400 lyke getel. Die water in die rivier was plek-lek so rooi gekleur dat dit sedertdien as Bloedrivier bekend staan.
Met 300 perderuiters het Pretorius die vlugtende Zoeloes agterna gesit en verder afgemaai. Teen ongeveer elfuur die oggend was al die manne terug in die laer. Pretorius het almal byeengeroep om God te dank vir die oorwinning.
Aan Voortrekkerkant het niemand gesneuwel nie. Slegs drie man, Pretorius, Philip Fourie en Gerrit Raath, het wonde opgedoen. Aan Zoeloekant het meer as 3000 gesneuwel. Met die moontlike uitsondering van die slag by Isandhlwana is dit die grootste getal mense wat ooit in een enkele geveg op Suid-Afrikaanse bodem geval het. En as 'n mens die verliese weerskante vergelyk - 3000 teenoor geen - is dit soos reeds gesê, die grootste oorwinning in ons militêre geskiedenis. In geen ander veldslag het daar aan die een kant so baie en aan die ander so weinig gesneuwel nie.
Die oorwinning by Bloedrivier het Pretorius oornag beroemd gemaak. en tereg ook, want sy aandeel in die oorwinning was nie gering nie; sy keuse van die plek vir die laer, sy besluit om die Zoeloes nie in 'n bergagtige omgewing aan te durf nie, die wyse waarop hy sy manne aangespoor het, die versigtigheid wat hy deurgaans aan die dag gelê het - dit alles dui op buitengewone krygsvernuf. Na die slag van Bloedrivier het die Voortrekkers die Republiek van Natal gestig en hulle veral in die omgewing van Pietermaritzburg en Port Natal (die huidige Durban) gevestig. Die nuwe onafhanklike republiek sou egter nie 'n lang lewe hê nie. Vroeg in 1842 het die Voortrekkers verneem dat die Brise owerheid besluit het om die hawe van Port Natal weer te
beset.
Leopold Scoltz
Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne Rubicon Pers, Kaapstad ISBN 0 947 00606 0."
Wie was daar?
*Met erkenning aan Johann Janse van Rensburg en byvoegings deur Gerhard Swart. Vanuit die webblad www.bloedrivier.org.za
Hier volg 'n lys van 399 persone van die totale getal van 464 (verwys #) blanke krygers en die 59 kleurlinge wat aan die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 deelgeneem het.
Waar moontlik word die persoon se genealogiese nommer ook verskaf. (BRON (verwys ##): Die Bloedrivierse Eeufeesgedenkboek opgestel deur A.C. du Toit en Dr. Louis Steenkamp, die lys is verder bygewerk deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika - N-Tvl Tak.)
Hoofkommandant:
1. Pretorius Andries Wilhelmus Jacobus (verwys nota 1) (b3c1d5e11)
Assistent-HoofKmdt:
2. Landman Karel Pieter (b2c10)
Kommandante:
3. Jacobsz Pieter Daniel(a15b5c3d8e1)
4. de Lange Johan Hendrik (Hans Dons)(b10c2)
5. Potgieter Jacobus (Koos)
6. Erasmus Stephanus Petrus
7. Uys Jacobus Johannes(b1c5d2e4)
8. Meyer Lucas Johannes
Laerkommandante:
9. Pretorius Albertus (ook kannonnier)
10. Erasmus Lourens
11. Moolman Piet (Rooi Piet)
12. Fronemann Christoffel Cornelis (b7)
Veldkornette:
13. Steyn Johannes C
14. Viljoen Gert
15. Pretorius Hercules Albertus (Bart)(b3c1d5e14) Broer van AWJ Pretorius (kanonier)
16. van Staden Gert (verwys nota 2)
17. Lombard Hermanus Stephanus
18. Scheepers Jan
19. Fourie Hermanus
20. Cowie William (a1)
21. Labuschagne Casper
22. Joubert Jan (ook kanonnier)
Godsdiensleiers:
23. Cilliers Sarel Arnoldus(b2c1d7e4)
24. du Plessis Johannes (Jan) (ook 'n Veldkornet)
25. Joubert Pieter Jacobus (b10c6d9 moontlik)
Kanonniers:
26. Rudolph Petrus Johannes (b1c1d2)
27. Pretorius Gerhardus
Manskappe:
28. Aucamp Piet
29. Badenhorst Hendrik
30. Badenhorst P
31. Bantjes Jan Gerritze (b1c3d3)
32. Bantjies I
33. Beneke Johannes
34. Bester Barend Jacobus (b4c3d4e3) (sneuwel by slag van Umfolozi)
35. Bester Lourens ERasmus (b4c3d4e2)
36. Bester Paul Ma(i)chiel (b4c3d4e1)
37. Bezuidenhout Daniel Pieter
38. Biddulph Thomas Jervis (a1)
39. Bierman Isak
40. Biggar Alexander Harvey (a1) (sneuwel by slag van Umfolozi)
41. Bodes Barend Hendrik
42. Bornman Johannes Jurgens (b1c3)
43. Boshoff Jakobus (Jan)
44. Botha Ernst Adriaan Lodewyk (b1c7d1e15)
45. Botha Hendrik
46. Botha J C
47. Botha Jan
48. Botha L
49. Botha P J
50. Botha P R
51. Botha T F
52. Botha Theunis
53. Bothma Carel A
54. Bothma Daniel
55. Breytenbach Chris
56. Breytenbach Izaak Johannes (b4c1d4)
57. Breytenbach Jacob Coenraad
58. Breytenbach Johan Hendrik
59. Breytenbach Johannes Jacobus
60. Bronkhorst Johannes Jacobus (b6c6)
61. Bronkhorst Johannes Jacobus (b6c6d4)
62. Bronkhorst Samuel Johannes (b6c6d9)
63. Bruwer Eduard Christiaan Daniel (b7c4d12)
64. Bruwer Hans
65. Bruyn Piet
66. Buitendagh Carel Hendrik
67. Burger Jacobus Johannes
68. Burger Schalk Willem
69. Buys Piet
70. Claassens Christiaan Corneli
71. Coetzee Cornelis (P-zn)
72. Coetzer Johannes Jacobus
73. Coetzer Philippus Jeremias
74. Coetzer Thys
75. Combrinck Gerhardus Hermanus Jacobus
76. Cronje Abraham Martinus
77. Cronje Piet
78. Davel Henning
79. Davel Jan
80. Dannhauser Thomas Richard (b6)
81. de Beer Christiaan Marthinus (Snr)
82. de Beer Abraham Samuel Jacobus
83. de Beer Christiaan Marthinus (Jnr)
84. de Beer Johannes (Jan) Christiaan
85. de Beer Johannes Adam
86. de Beer Stephanus A (Snr)
87. de Beer Zacharias Jacobus
88. de Bruyn Petrus Frederik
89. de Clercq Abraham Johannes
90. de Clercq Barend Jacobus
91. de Clercq Cornelis
92. de Clercq Jacob (b6c3d5)
93 de Clercg Johannes Wilhelmus
94. de Jager Frederick Johannes
95. de Jager Izak J
96. de Jager Johannes Wilhelmus (b1c11d5e5)
97. de Jager Lodewyk
98. de Lange Adriaan (Jnr)
99. de Lange Adriaan Jacobus  (Snr, Hans Dons se broer)
100. de Lange Robertus Burnet (Broer van Hans Dons)
101. de Wet Kootjie
102. de Wet Pieter
103. de Winnaar Carel Stephanus
104. Dreyer Christiaan Lourens Sr.
105. Dreyer F
106. Dreyer I
107. du Plessis Francois
108. du Plessis Johannes (Jan)
109. du Plessis Pieter
110. du Plooy Hendrik
111. du Plooy Cornelis Willem
112. du Plooy Dirk Wouter
113. du Preez Pieter Daniel Andreas Salomon
114. Deysel F
115. Engelbregt Adriaan Stephanus
116. Engelbregt E
117. Engelbregt Gerhardus Johannes
118. Engelbregt H (jong)
119. Engelbregt H H (Snr)
120. Engelbregt Johannes Hendrik
121. Enslin Johannes Jacobus
122. Erasmus Antonie Philippus
123. Erasmus Barend Christoffel
124. Erasmus Cornelis Johannes
125. Erasmus Daniel Elardus
126. Erasmus Hans
127. Erasmus Jacobus
128. Erasmus Pieter ERasmus
129. Erasmus Stephanus E
130. Esterhuizen Jan Christoffel
131. Ferreira Marthinus Stephanus
132. Fick Hendrik (JC?)
133. Fisher Jan
134. Fourie Christiaan Erns
135. Fourie Dirk S
136. Fourie Hermanus
137. Fourie Philip Jacobus (Gewond tydens slag van Bloedrivier)
138. Fourie MVA
139. Garden Kapt. (Engels)
140. Geers Carel Frederik Christoffel (of Geer)
141. Geere Johannes (Jan) Coenraad Jonas
142. Giezing Fredrich (a1)
143. Goosen Marthinus2
144. Gouws Daniel
145. Gouws Jacob I
146. Gouws Jacob Marthinus
147. Gouws Pieter Marthinus
148. Greyling Jan Cristoffel (b11c2d3)
149. Greyling Pieter Jacobus (b11c2d2)
150. Grobbelaar Nicolaas (b9c11)
151. Grobbelaar Pieter Schalk (b9c11d2)
152. Grobler J
153. Grove Hermanus Gerhardus (b3c9d5)
154. Hammes Pieter Johannes (b1c2)
155. Hattingh Christiaan
156. Hattingh Francois (b8c7d4e1)
157. Hattingh Johannes Dewald
158. Hattingh Johannes Hendrik (Hans) (b11c1d2e1)
159. Herbst Marthinus Johannes Hendrik
160. Heydenreich Cornelis Frederik (b6c2d2)
161. Human Petrus Gerhardus
162. Jacobs Gabriel Gerhardus Nicholaas Nic (a15b5c3d8e1f7) (Kmdt. Jacobz se seun)
163. Jacobs Pieter Daniel (a15b5c3d8e1f2)
164. Jacobsz Jan (Kmdt. Jacobz se seun)
165. Janse van Rensburg Lukas Marthinus
166. Janse van Rensburg Nicolaas Marthinus (C-zn)
167. Janse van Rensburg Willem Cornelis
168. Janse van Vuren Luckas (of Lucas) Gerhardus
169. Janszen Willem
170. Jordaan Willem
171. Joubert Abraham Benjamin
172. Joubert Gideon
173. Joubert Jan (Jacs-zn)
174. Joubert Jan (jnr.)
175. Joyce Robert (a3)
176. Kemp Gerhardus Philippus
177. Kemp Jacobus Frederik
178. Kemp Petrus Johannes
179. Kilian Justus Daniel (Nageslag boer steeds op Vryheid)
180. Klaassen P
181. Klopper Hendrik Balthazar
182. Klopper Jacobus Marthinus
183. Klopper Johan Christiaan
184. Koekemoer C
185. Koekemoer Marthinus
186. Kritzinger Lewis
187. Kritziinger Matthys S B
188. Kruger Jan
189. Kruger Pieter Ernst
190. Kruger Tobias Johannes
191. Laas Cornelius Johannes
192. Laas C Mathys
193. Laas JAM
194. Labuschagne J P
195. Labuschagne Jan Harm (Jan Groen)
196. Labuschagne Willem Adriaan
197. Landman Jan A Karel Pieter (Snr)
198. Landman Jan (Doringberg)
199. le Roux D
200. le Roux Nicolaas (verwys nota 2)
201. Leech
202. Liebenberg Christiaan Jacobus (b2bc2d2e2)
203. Liebenberg Christiaan Jacobus (b2c2d6)
204. Lindeque Gerrit Johannes (Snr)
205. Lindeque Petrus
206. Lombard Hans
207. Lombard Hermanus Antonie
208. Lombard S
209. Lotter Johannes (Lotter Jacob?)
210. Ludick M J
211. Malan Daniel Jacob Johannes
212. Malan David Daniel
213. Malan Jacob Jacobus
214. Malan Stephanus Marcus F
215. Marais Coenraad
216. Marais Johannes L
217. Marais Stephanus Abraham
218. Marais F
219. Marcus F
220. Mare Wynand Wilhelmus (b9c7d7)
221. Maritz Pieter
222. Maritz Salomon Gerhardus (b1c8d1e2)
223. Maritz Salomon Stephanus (b1c8d2e1)
224. Martens Hendrik Jacobus (a5b1c7)
225. Martens Jan Thomas (snr) (a5b1c6)
226. Martens Jan Thomas (jnr)
227. Marx Frans Engelbertus (b3c6d4)
228. Meintjes Albertus Jacobus
229. Meinties Jacobus William
230. Meintjes Schalk Willem
231. Mey Christiaan Lodewyk
232. Meyer Adriaan Willem Petrus
233. Meyer Jacob
234. Meyer Jan
235. Meyer Johannes Lukas
236. Meyer Theodorus
237. Mienie Frederik Christiaan
238. Mienie Johannes
240. Moolman I241. Moolman Adriaan Izak
242. Moolman Jacobus Philippus
243. Muller Johannes Christiaan (moontlik a1b5c7d4)
244. Muller Jan (moontlik a11b2)
245. Naude Jacob
246. Naude Philip Jacobus
247. Naude Francois Paulus
248. Neethling Hendrik Ludolf
249. Neethling Schalk Willem
250. Neethling Willem Hendrik
251. Nel Louis Jacobus
252. Nell Theunis Jacobus
253. Nell Willem Gabriel
254. Nortje Joachim
255. Oberholzer Jan Albert
256. Olivier (Lang) Gert
257. Olivier Ockert
258. Oosthuizen A
259. Oosthuizen Jan (J-zn) (verwys nota 2)
260. Oosthuizen J J (Snr)
261. Oosthuizen Marthinus Jacobus (b1c4d7e2)
262. Opperman C
263. Opperman D
264. Parker Edward
265. Pieters Coenraad
266. Pieterse Frederik
267. Pieterse H J
268. Pieterse Nicolaas
269. Potgieter Cornelis
270. Potgieter Evert F
271. Potgieter Hendrik
272. Potgieter Jurgen
273. Potgieter Matthys
274. Potgieter Petrus Hendrik Theunis
275. Potgieter Theodorus
276. Pretorius A P
277. Pretorius Barend
278. Pretorius Dewald Johannes (b3c1d2e4f4)
279. Pretorius Gideon
280. Pretorius Henning Petrus Nicolaas (b3c1d5e12)
281. Pretorius Marthinus Wessel (b3c1d5e11f1)
282. Pretorius Nicolaas
283. Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7)
284. Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7e2)
285. Pretorius Samuel
286. Pretorius Willem H
287. Pretorius Willem Jacobus
288. Prinsloo Jochemus Johannes Petr (b2c3d6e1f3)
289. Prinsloo N J
290. Prinsloo Willem P
291. Raads D
292. Raath Philip
293. Raath Pieter
294. Raath Roelof
295. Raatz Gerrit
296. Ranger Simon
297. Reineke Adam
298. Retief Jacobus
299. Robbertse I
300. Robbertse Jan
301. Robbertse Matthys
302. Roets Hendrik
303. Rood
304. Roos Cornelis J
305. Roos Gysbert
306. Roscher P
307. Roux Dirk
308. Rudolph Jacobus Andreas (b1c3)
309. Rudolph Johann(es)Bernard (b1c1)
310. Rudolph Gerhardus Jacobus (b1c2)
311. Scheepers Coenraad F(swaer v. Erasmus Smit)
312. Scheepers Gert
313. Scheepers H
314. Scheepers J A
315. Scheepers Jacobus Johannes
316. Scheepers Stephanus Johannes
317. Scheepers M (G-zn)
318. Scheepers Marthinus
319. Schoeman Gert
320. Schoeman Johannes
321. Schutte Jan Harm Thomas
322. Slabbert G
323. Smit Andries Adriaan
324. Smit Chr. (C-zn)
325. Smith F
326. Snyman Coenraad F W (b7c4d9e7)
327. Snyman J H
328. Steenkamp Hermanus
329. Steenkamp Jan Harm (b7c2d3e2)
330. Steenkamp Piet L
331. Steenkamp Thomas Ignatius
332. Steyn Hermanus
333. Steyn Johannes Christoffel
334. Steyn Pieter
335. Strydom D J
336. Strydom Hendrik
337. Strydom J
338. Strydom Pieter Gerhardus
339. Swanepoel Willem
340. Swart Marius
341. Swart Pieter Johannes
342. Uys Dirk Cornelis (b1c5d2e12)
343. Uys Jacobus Johannes (b1c5d2e4f3)
344. Uys Jan C
345. Uys Petrus Lafras (Piet Hlobane)(b1c5d2e3f4)
346. van den Berg Hendrik (b1c10d6)
347. van den Berg Hendrik Stephanus (b1c10d6e3)
348. van der Berg Isak
349. van der Merwe Andries
350. van der Merwe C
351. van der Merwe Christiaan Pieter (verwys nota 3)
352. van der Merwe Frederik J
353. van der Merwe Jan
354. van der Merwe Josias
355. van der Merwe L P
356. van der Merwe Lukas J
357. van der Merwe M
358. van der Merwe Willem
359. van der Schyff D
360. van der Schyff J D
361. van Deventer Jan (a1b5c10d6)
362. van Dyk Joseph
363. van Dyk Sybrand
364. van Gass Ferdinand Paul George (b1)
365. van Gass J F
366. van Jaarsveld A
367. van Loggerenberg Hendrik
368. van Niekerk Izak Andries (b3c7d4e4)
369. van Niekerk J A P
370. van Niekerk Pieter Johannes
371. van Rooyen Cornelis J
372. van Rooyen Dirk
373. van Rooyen G T
374. van Rooyen Gert F
375. van Rooyen Gert Reinier
376. van Rooyen I
377. van Rooyen Lukas
378. van Rooyen Stephanus
379. van Schalkwyk Christiaan
380. van Schalkwyk Gert
381. van Staden Cornelis
382. van Staden V C
383. van Straten Jacob
384. van Venen D
385. van Vuuren P
386. van Zyl Jacobus
387. Venter Albert
388. Venter C I
389. Venter P A
390. Venter Willem Daniel
391. Vermaak Cornelis
392. Vermaak J
393. Viljoen Christoffel
394. Viljoen Gideon
395. Viljoen Johan H
396. Viljoen M
397. Viljoen Sarel
398. Visagie Jan
399. Visser
Bronnelys:
Adendorff, M.C. (2002) 350 jaar Gereformeerd. Die Boodskapper April: 5.
Bailey, A. (2002) Die Gelofte van 16 Desember 1838: Die Herdenking en Betekenis daarvan, 1838 tot 1910. Magistertesis ingedien by die Universiteit van Pretoria.
Bantjes, J.G. (1839) Journal der Ekspeditie van de uitgewekene Boeren, onder hunnen Hoofd-Kommandant Andreas Wilhelmus Jacobus Pretorius, (voormaals van Graaff-Reinet), tegen Dingaan, Koning der Zulus, in de maand(en) November en December 1838. Insetsel in die Kaapse koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer op 14/06/1839 AD.
Bijbel (1637) Nederlandse Statenvertaling.
Bybel (1953) Hersiene Afrikaanse Uitgawe. Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid- Afrika.
D‟Assonville, V.E. (2000) Bloedrivier. Weltevredenpark: Marnix.
De Jongh, P.S. (1987) Sarel Cilliers. 'n Biografie oor die Voortrekkerfiguur Sarel Cilliers. Johannesburg: Perskor Bpk.
Hofstede, H.J. (1876) Geschiedenis van den Oranje-Vrijstaat. Den Haag: D A Thieme.
Jacobsz, S.W. (Ongedateerd) Die Bloedrivier Strafveldtog. Braamfontein: Die Bywoner.
Preller, G.S. (1938) Andries Pretorius - Lewensbeskrywing van die Voortrekker Kommandant-Generaal. Johannesburg: Die Afrikaanse Pers Bpk
.
Preller, G.S. (1938) Voortrekkermense Deel VI. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.
Psalmen. (1773) Nederlandse Psalmboek.
Reformed Presbyterian Synod. (1990) Testimony of the Reformed Presbyterian Church of Ireland. Reformed Presbyterian Synod.
Scholtz, Leopold. (1984) Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne. Rubicon-Pers. Kaapstad. Transmedia (Edms)  Beperk.
Spoelstra, B. (1989) Gereformeerde Kerkreg en Kerkregering. Pretoria: BUO/PU vir CHO.
Thom, H.B. (1949) Die Geloftekerk en ander studies oor die Groot Trek. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.
Van Jaarsveld, F.A. (1987) Die eerste openbare viering van 16 Desember. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 27 (1): 43.
Van Jaarsveld, F.A. (1988) Die Groot Trek in die historiese bewussyn van die Afrikaners. Herdenkingsjaar 1988: 102
Van Jaarsveld, F.A. (1978) Geloftedag in die ban van die tyd. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 18 (3 en 4): 224


 
 
 
 
Mail
Call