My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

Die Voortrekkermonument 

 

Die Voortrekkermonument is 'n belangrike baken op Monumentkoppie net buite Pretoria naby die N14 nasionale pad. Die monument is tussen 1937 en 1949 in die Art Deco-styl gebou. Dit is in 1949 voltooi en is opgerig om die Groot Trek van die negentiende eeu te gedenk en word beskou as 'n belangrike gedenkteken van die Voortrekkers se moed, vasberadenheid en volharding in die stigting van die twee voormalige Boererepublieke.
Hierdie monument bestaan uit 'n 41 meter hoë blok omring deur 'n laer van 64 graniet ossewaens. By die ingang is daar 'n beeldhouwerk van 'n Voortrekkermoeder en haar kinders. Die hoofblok het twee vertrekke. Die eerste is 'n 30 meter hoë gewelfde Heldesaal, waarvan die mure bedek is met 'n fries van 27 terazzowerke, wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is en die Lupini-firma gegiet is. Dit bestaan uit 'n mengsel van marmer en sement. Dit beeld die belangrikste gebeure van die Groot Trek uit en dit is tans die grootste bestaande marmerfries in die wêreld. Dit weeg 180 metrieke ton. Die tweede een is die onderste saal, wat 'n granietsenotaaf bevat wat so geplaas is daar om twaalf uur op 16 Desember oftewel Geloftedag 'n sonstraal op die senotaaf val. Hierdie senotaaf bevat die inskrywing: "Ons vir jou Suid-Afrika".


 
 
 
 
Mail
Call